News archive

News archive - July-2013

21ste Agri Megaweek: Landbou vir werkskepping

“Landbou vir Werkskepping” is die tema van die 21ste Agri Megaweek wat vanaf 18 tot 21 September by die Megapark op Bredasdorp gehou word.

Die keuse vir hierdie tema is tersaaklik gesien in die lig van die Regering se Nasionale Ontwikkelingsplan wat die landbou sien as dié sektor vir werkskepping. “Met die huidige tempo van werkverliese is die tyd vir oplossings en samewerking vir volhoubare werkskepping in die landbou uiters belangrik,” sê mnr. Orton King, uitvoerende direkteur van die Agri Mega-groep.

13.09.2013 / Agbiz in the news

More

Reserwebank ingelig: Onsekerhede maak beleggers langtand

Die nasionale verkiesing volgende jaar en gepaardgaande politieke ontwikkelings veroorsaak onsekerhede en ontwrigtings wat beleggers huiwerig maak om in die landbou te belê.

Volgens me. Lindie Stroebel, bestuurder van ekonomiese inligting by die landbousakekamer Agbiz, skep verskeie beleidsontwikkelings ook verdere onsekerheid wat beleggers se geldelike aptyt demp en likiditeit beïnvloed.

Dit gebeur omdat aanbiedinge byvoorbeeld nie op plase gemaak kan word waarop daar grondeise is nie.

Agbiz was onlangs deel van ’n verteenwoordigende groep uit die georganiseerde landbou wat met me. Gill Marcus, president van die Reserwebank, vergader het oor faktore wat landboubeleggings in Suid-Afrika strem.

16.08.2013 / Agbiz in the news

More

Vakbondleiers praat dalk by AMT

Twee leiers van vakbonde wat aan die arbeidsonrus in die landbou deelgeneem het, is na die landbouvooruitskouingskonferensie op 30 September in Pretoria genooi.

Die paneelbespreking wat op vanjaar se AMT-konferensie beoog word, word beskryf as een van die hoogtepunte by die WNNR se internasionale konvensiesentrum.

Mnr. Tony Ehrenreich, sekretaris van Cosatu in die Wes-Kaap, en mnr. Katishi Masemola, sekretaris-generaal van die Food and Allied Workers Union, is genooi om aan die bespreking deel te neem. Die twee vakbonde en Ehrenreich is in verskeie mediaberigte oor die plaaswerkerstaking verlede jaar en begin vanjaar in die Wes-Kaap genoem.

02.08.2013 / Agbiz in the news

More

Copyright © 2017 by Agricultural Business Chamber