News archive

News archive - June-2010

Processed food imports dent jobs

Johannesburg — THE agricultural sector is losing jobs because processed products are being imported, instead of being produced and manufactured locally, Lindie Stroebel of the Agricultural Business Chamber said last week.

02.09.2010 / Agbiz in the news

More

Positive Agribusiness Confidence does not yet excite

Agribusiness confidence is measured quarterly by the Agricultural Business Chamber (ABC) and

the Industrial Development Corporation (IDC) through their quarterly ABC/IDC Agribusiness

Confidence Index. The confidence level in the third quarter of 2010 is 53% higher than the same

quarter of the previous year, which happened to be the all-time lowest level observed. This

significant increase was expected, considering the low basis it was measured from. The

confidence, however, decreased with 5% since the previous quarter, being the second quarter of

2010. This is of concern and definitely inhibits the excitement of the significant year-on-year

increase. A further decrease is not necessarily expected, however, this small quarter-to-quarter

decrease might indicate that confidence might remain in the low, positive range.

02.09.2010 / Media Releases

More

Uitdaging om nuwe boere te help

Landboubesighede het die kundigheid en infrastruktuur op die platteland om nuwe boere volhoubaar te bemagtig, maar dan moet daar groter koordinering tussen hulle, staatsdepartemente en-agentskappe wees.

27.08.2010 / Agbiz in the news

More

Somergrane: Speel die mark reg

Daar is geen enkele resep wat beleërde somergraanboere in die komende planttyd van verliese gaan red nie, maar daar is

heelwat riglyne wat dié boere in gedagte kan hou wanneer hulle besluit wat en hoeveel om te plant.

Met planttyd om die draai dui alles daarop dat nie een van die somergrane vanjaar vir die gemiddelde saaiboer ’n winsgewende uitweg gaan bied nie – weens hoë produksiekoste en voortgesette lae produsentepryse.

’n Algemene aanbeveling, ook deur Graan SA, is dat boere hul mielie-aanplantings drasties inkort in ’n poging om die pap mielieprys weer in die rigting van invoerpariteit – nou sowat R1 000 per ton hoër as die heersende Safex-pryse – te laat draai.

27.08.2010 / Agbiz in the news

More

PPI wys boere trek swaar

Die produksieprysindeks (PPI)-syfers vir Julie dui ‘n styging van slegs 0,2% vir landboupryse aan, wat slegte nuus is vir boere wie se koste baie gestyg het, sê die Landboubesigheidskamer (LBK).

Statistieke SA sê die syfer het in die algemeen 7,7% gestyg vergeleke met die syfer van Julie verlede jaar. Dit is wel 1,7% laer as die PPI-syfer van 9,4% vir Junie vanjaar.

Wat landboupryse aanbetref is ‘n daling van 1,3% tussen Junie en Julie vanjaar aangeteken.

26.08.2010 / Agbiz in the news

More

SEB:"Boere doen te min"

Die lae vlak van swart ekonomiese bemagtiging wat tot dusver op primêre produksievlak plaasgevind het, belemmer landbou-ondernemings se SEB-telkaarte, sê dr. John Purchase, uitvoerende hoof van die Landboubesigheidskamer (LBK).

“Talle boere het nog nie werklik bemagtig nie en dit is iets wat ontwikkel moet word.” Hy raai boere aan om wel SEB-telkaarte te kry sodat hul ondernemings se toekoms beter kan lyk.

18.08.2010 / Agbiz in the news

More

SA het steeds 'n staatsbank nodig

Hoe groot is die behoefte aan n landbougerigte staatsfinansier en hoe moet so n insatansie daar uitsien? n Paar kundiges is nader gehark vir antwoorde.

13.08.2010 / Agbiz in the news

More

WHO se "onvermoë" 'n verleentheid

Die Wêreldhandelsorganisasie (WHO) se onvermoë om die verwringing van markte te hanteer, is een van die grootste redes waarom Afrika nie in sy eie voedselbehoeftes kan voorsien nie, sê dr. John Purchase, uitvoerende hoof van die Landboubesigheidskamer.

“Meer as ’n derde van die mense in Afrika het nie voedselsekerheid nie.” Purchase was ’n spreker op die landbounetwerk-organisasie Agrifica se kongres by die Gallagher-landgoed in Midrand.

Afrika se handelsbalans groei negatief en die talle handelsooreenkomste tussen Afrikalande herinner Purchase aan ’n bak spaghetti. “Ons moet maniere kry om streke en die vasteland se handelsooreenkomste in pas met mekaar te kry.”

Dr. Theo de Jager, ondervoorsitter van Agri SA en nog ’n spreker op die kongres, sê ’n nuwe beleidsomgewing is nodig om ongelyke handel te hanteer. “Die Suid-Afrikaanse beleidsomgewing maak graanboerdery amper onmoontlik. Dit terwyl graan só sentraal tot die landbou staan dat die hele sektor siek word as die graanbedryf nies.”

06.08.2010 / Agbiz in the news

More

LBK-hoof praat: Mededingingsowerhede

Landbou.com se susterpublikasie, Landbouweekblad, het onlangs ’n onderhoud met mnr. Schalk Pienaar, nuwe voorsitter van die Landboubesigheidskamer, gevoer. Die artikel het in die 16 Julie uitgawe verskyn, maar het nie al die inligting bevat nie. Hier is die eerste in 'n reeks artikels wat die volle storie bevat.

Mededingingsowerhede:

LBW: a. Het ons dié owerhede nodig? Of is dit net ‘n las wat die landbou net reuse boetes kos?

SP: Ons het die beleid en wetgewing nodig. Daar is genoeg voorbeelde van waar daar werklik onmededingende optrede was wat tot nadeel van die verbruiker en andere was. As ’n besigheid  hom met onmededingende praktyke ophou, soos wat die bedoeling van die wetgewing is om te voorkom, dan moet hulle nie huil as hulle “uitgevang” raak nie.

05.08.2010 / Agbiz in the news

More

SA kan Afrika help om wêreld kos te gee

Suid-Afrika het die tegnologie, kundigheid en die ervaring om Afrika te help om die kosmandjie van die

wêreld te word.

Dit was die boodskap van me. Agrina Mussa, Malawi se hoëkommissaris in Suid-Afrika, op Agrifica se

konferensie in Midrand oor voedselsekerheid in Sub-Sahara-Afrika.

Malawi, wat altyd ’n netto invoerder van kos was, voer die afgelope twee jaar kos uit omdat hy ’n visie

gehad, sy makro-ekonomiese omgewing verbeter en boere se kunsmis begin subsidieer het, sê Mussa.

29.07.2010 / Agbiz in the news

More

Groenskrif steeds nie gereed

Die Departement van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming het sy spertyd vir sy Groenskrif oor hervorming vir ‘n tweede keer gemis, luidens ‘n berig op Business Day.

As ‘n gevolg is die bekendmaking van die departement se dokument oor die beplande veranderinge tot grondhervormingsbeleid Maandag (19 Julie) uitgestel.

“Ons eie sperdatum vir die vrystelling van die dokument in April het verander omdat die departement steeds besig is met die Groenskrif,” sê mnr. Eddie Mohoebi, woordvoerder.

20.07.2010 / Agbiz in the news

More

Kunsmisreus herstruktureer dalk

Sasol se kunsmisbedrywighede sal binne ’n jaar moet herstruktureer as die Mededingingstribunaal ’n skikkingsooreenkoms tussen die maatskappy en die Mededingingskommissie bekragtig.

Volgens die ooreenkoms sal Sasol ontslae moet raak van sy aanlegte in Bellville, Durban, Kimberley, Potchefstroom en Endicott waar kunsmis gemeng word. Die aanleg op Secunda sal behou word.

Sasol se verkoopsmodel sal verander en hy sal nie meer verkoopsagente gebruik nie. Die maatskappy mag voorts slegs die mark bedien wat binne ’n radius van 100 km van Secunda, Sasolburg en Sasol Nitro se drie depots geleë is.

Die maatskappy mag ook nie onderskeid tref tussen verskillende ammonium-nitraatprodukte nie – buiten as dit op kommersiële grondslag gedoen word. Die maatskappy mag ook net ammoniak invoer vir plaaslike gebruik. Hy mag ook nie meer ammoniak namens klante invoer nie.

16.07.2010 / Agbiz in the news

More

LBK maan oor grondprojekte

Landbou-ondernemings wat by grondhervormingsprojekte betrokke wil raak, moet mooi oor die risiko’s betrokke besin, sê die Landboubesigheidskamer (LBK).

Dr. John Purchase, bestuurshoof, sê dié waarskuwing volg nadat die oorhoofse ooreenkoms rakende transaksies en –prosesse vir grondhervorming, wat die LBK met die Departement van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming sou aangaan, van die baan is.

12.07.2010 / Agbiz in the news

More

Kragverbruik onder die loep

Die Nasionale Energiereguleerder (Nersa) het ‘n dokument gepubliseer vir die hersiening van die reëls en regulasies vir doeltreffende kragverbruik en die bestuur van aanvraag, sê die Landboubesigheidskamer (LBK).

Luidens ‘n nuusbrief van die LBK is die eerste dokument vir regulatorise reëls vir die doeltreffende bestuur van energie en energie-aanvraag (EEAB) in 2004 gepubliseer. Die nuwe dokument sal dus die eerste hersiening van die regulasies wees.

07.07.2010 / Agbiz in the news

More

Copyright © 2017 by Agricultural Business Chamber