News archive

News archive - April-2010

Landbouwette: Deursigtigheid nodig

Die hersiening van Suid-Afrika se 23 landbouwette behoort binnekort in alle erns te begin ná belanghebbendes 30 dae tot einde Mei kans gehad het om kommentaar in te dien oor veranderinge wat hulle in dié wette wil sien.

Die landbou het die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye se plan om alle landbouwette te hersien, in die algemeen verwelkom. Sommige van die wette is so lank terug soos in 1928 geskryf. Sedertdien het die landbou-omgewing baie verander en dit is logies dat die wette hersien en, waar dit nie met veranderinge tred gehou het nie, aangepas moet word.

Tog is daar kommer oor die kort tydperk waarin kommentaar gelewer kon word en oor die vaagheid rondom die besluit om die wetgewing te hersien. Dit skep nie ’n klimaat van vertroue nie. Veral nie in ’n tydperk waarin kommersiële boere voel hulle word al hoe meer deur die Regering misken nie.

04.06.2010 / Agbiz in the news

More

Resessie sal landbou nou eers tref

Die landbou gaan die uitwerking van die wêreldwye resessie nou eers begin ervaar, sê prof. Johan Willemse, voorsitter van die departement landbou-ekonomie aan die Universiteit van die Vrystaat.

“Ek dink landbou se moeilikheid lê nog voor. Die sweepslag van die resessie gaan die landbou in die volgende jaar begin tref,” het hy tydens die Landboubesigheidskamer (LBK) se kongres op Somerset-Wes gesê.

03.06.2010 / Agbiz in the news

More

Karaan: Waardering vir landbou kort

Die Nasionale Beplanningskommissie (NBK) se siening oor die landbou is nog nie bekend nie, maar prof. Mohammad Karaan, dekaan van landbouwetenskappe aan die Universiteit Stellenbosch wat op die kommissie dien, is daarvan oortuig dat heelparty van sy mede-kommissarisse positief oor die landbou is.

Wat hom verder oortuig van die belangrikheid van die landbou vir Suid-Afrika se toekomsplanne, is dat pres. Jacob Zuma by die bekendmaking van NBK-lede vir hom gesê het daar moet verseker word dat daar genoeg kos vir die mense van Suid-Afrika is omdat die meeste revolusies nog immers oor kos opgevlam het. Daarbenewens is landbouverwante kwessies soos klimaatverandering, energie en sekerheid oor water ook op die agenda.

03.06.2010 / Agbiz in the news

More

Copyright © 2017 by Agricultural Business Chamber