Agbiz in the news

PPI wys boere trek swaar

Die produksieprysindeks (PPI)-syfers vir Julie dui ‘n styging van slegs 0,2% vir landboupryse aan, wat slegte nuus is vir boere wie se koste baie gestyg het, sê die Landboubesigheidskamer (LBK).

Statistieke SA sê die syfer het in die algemeen 7,7% gestyg vergeleke met die syfer van Julie verlede jaar. Dit is wel 1,7% laer as die PPI-syfer van 9,4% vir Junie vanjaar.

Wat landboupryse aanbetref is ‘n daling van 1,3% tussen Junie en Julie vanjaar aangeteken.

26.08.2010 / Agbiz in the news

» more...

SEB:"Boere doen te min"

Die lae vlak van swart ekonomiese bemagtiging wat tot dusver op primêre produksievlak plaasgevind het, belemmer landbou-ondernemings se SEB-telkaarte, sê dr. John Purchase, uitvoerende hoof van die Landboubesigheidskamer (LBK).

“Talle boere het nog nie werklik bemagtig nie en dit is iets wat ontwikkel moet word.” Hy raai boere aan om wel SEB-telkaarte te kry sodat hul ondernemings se toekoms beter kan lyk.

18.08.2010 / Agbiz in the news

» more...

SA het steeds 'n staatsbank nodig

Hoe groot is die behoefte aan n landbougerigte staatsfinansier en hoe moet so n insatansie daar uitsien? n Paar kundiges is nader gehark vir antwoorde.

13.08.2010 / Agbiz in the news

» more...

WHO se "onvermoë" 'n verleentheid

Die Wêreldhandelsorganisasie (WHO) se onvermoë om die verwringing van markte te hanteer, is een van die grootste redes waarom Afrika nie in sy eie voedselbehoeftes kan voorsien nie, sê dr. John Purchase, uitvoerende hoof van die Landboubesigheidskamer.

“Meer as ’n derde van die mense in Afrika het nie voedselsekerheid nie.” Purchase was ’n spreker op die landbounetwerk-organisasie Agrifica se kongres by die Gallagher-landgoed in Midrand.

Afrika se handelsbalans groei negatief en die talle handelsooreenkomste tussen Afrikalande herinner Purchase aan ’n bak spaghetti. “Ons moet maniere kry om streke en die vasteland se handelsooreenkomste in pas met mekaar te kry.”

Dr. Theo de Jager, ondervoorsitter van Agri SA en nog ’n spreker op die kongres, sê ’n nuwe beleidsomgewing is nodig om ongelyke handel te hanteer. “Die Suid-Afrikaanse beleidsomgewing maak graanboerdery amper onmoontlik. Dit terwyl graan só sentraal tot die landbou staan dat die hele sektor siek word as die graanbedryf nies.”

06.08.2010 / Agbiz in the news

» more...

LBK-hoof praat: Mededingingsowerhede

Landbou.com se susterpublikasie, Landbouweekblad, het onlangs ’n onderhoud met mnr. Schalk Pienaar, nuwe voorsitter van die Landboubesigheidskamer, gevoer. Die artikel het in die 16 Julie uitgawe verskyn, maar het nie al die inligting bevat nie. Hier is die eerste in 'n reeks artikels wat die volle storie bevat.

Mededingingsowerhede:

LBW: a. Het ons dié owerhede nodig? Of is dit net ‘n las wat die landbou net reuse boetes kos?

SP: Ons het die beleid en wetgewing nodig. Daar is genoeg voorbeelde van waar daar werklik onmededingende optrede was wat tot nadeel van die verbruiker en andere was. As ’n besigheid  hom met onmededingende praktyke ophou, soos wat die bedoeling van die wetgewing is om te voorkom, dan moet hulle nie huil as hulle “uitgevang” raak nie.

05.08.2010 / Agbiz in the news

» more...

SA kan Afrika help om wêreld kos te gee

Suid-Afrika het die tegnologie, kundigheid en die ervaring om Afrika te help om die kosmandjie van die

wêreld te word.

Dit was die boodskap van me. Agrina Mussa, Malawi se hoëkommissaris in Suid-Afrika, op Agrifica se

konferensie in Midrand oor voedselsekerheid in Sub-Sahara-Afrika.

Malawi, wat altyd ’n netto invoerder van kos was, voer die afgelope twee jaar kos uit omdat hy ’n visie

gehad, sy makro-ekonomiese omgewing verbeter en boere se kunsmis begin subsidieer het, sê Mussa.

29.07.2010 / Agbiz in the news

» more...

Groenskrif steeds nie gereed

Die Departement van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming het sy spertyd vir sy Groenskrif oor hervorming vir ‘n tweede keer gemis, luidens ‘n berig op Business Day.

As ‘n gevolg is die bekendmaking van die departement se dokument oor die beplande veranderinge tot grondhervormingsbeleid Maandag (19 Julie) uitgestel.

“Ons eie sperdatum vir die vrystelling van die dokument in April het verander omdat die departement steeds besig is met die Groenskrif,” sê mnr. Eddie Mohoebi, woordvoerder.

20.07.2010 / Agbiz in the news

» more...

Kunsmisreus herstruktureer dalk

Sasol se kunsmisbedrywighede sal binne ’n jaar moet herstruktureer as die Mededingingstribunaal ’n skikkingsooreenkoms tussen die maatskappy en die Mededingingskommissie bekragtig.

Volgens die ooreenkoms sal Sasol ontslae moet raak van sy aanlegte in Bellville, Durban, Kimberley, Potchefstroom en Endicott waar kunsmis gemeng word. Die aanleg op Secunda sal behou word.

Sasol se verkoopsmodel sal verander en hy sal nie meer verkoopsagente gebruik nie. Die maatskappy mag voorts slegs die mark bedien wat binne ’n radius van 100 km van Secunda, Sasolburg en Sasol Nitro se drie depots geleë is.

Die maatskappy mag ook nie onderskeid tref tussen verskillende ammonium-nitraatprodukte nie – buiten as dit op kommersiële grondslag gedoen word. Die maatskappy mag ook net ammoniak invoer vir plaaslike gebruik. Hy mag ook nie meer ammoniak namens klante invoer nie.

16.07.2010 / Agbiz in the news

» more...

LBK maan oor grondprojekte

Landbou-ondernemings wat by grondhervormingsprojekte betrokke wil raak, moet mooi oor die risiko’s betrokke besin, sê die Landboubesigheidskamer (LBK).

Dr. John Purchase, bestuurshoof, sê dié waarskuwing volg nadat die oorhoofse ooreenkoms rakende transaksies en –prosesse vir grondhervorming, wat die LBK met die Departement van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming sou aangaan, van die baan is.

12.07.2010 / Agbiz in the news

» more...

Kragverbruik onder die loep

Die Nasionale Energiereguleerder (Nersa) het ‘n dokument gepubliseer vir die hersiening van die reëls en regulasies vir doeltreffende kragverbruik en die bestuur van aanvraag, sê die Landboubesigheidskamer (LBK).

Luidens ‘n nuusbrief van die LBK is die eerste dokument vir regulatorise reëls vir die doeltreffende bestuur van energie en energie-aanvraag (EEAB) in 2004 gepubliseer. Die nuwe dokument sal dus die eerste hersiening van die regulasies wees.

07.07.2010 / Agbiz in the news

» more...

<< <  Page 68 of 71  > >>

Copyright © 2018 by Agricultural Business Chamber