09.09.2010

Probleme met kontantvloei druk vertroue in landbou af

Kaapstad. - Die Landboubesigheidskamer (LBK) en die Nywerheidsontwikkelingskorporasie (NOK) se kwartaallikse vertrouensindeks vir landbou-ondernemings toon die vertroue in die derde kwartaal is 53% hoër as in die ooreenstemmende kwartaal verlede jaar, maar dit beteken nie alles in die sektor gaan voor die wind nie.

Gemeet aan die tweede kwartaal van vanjaar het die indeks met 5% gedaal. Die indeks staan nou op 53 punte.

Me. Lindie Stroebel, ekonoom by die LBK, sê die daling plaas ’n demper op die groot vordering sedert verlede jaar. Hoewel nog dalings in die vertrouensindeks nie verwag word nie, wys dit dat vertroue steeds aan die lae kant kan bly.

Die indeks word saamgestel uit tien sub­indekse waarvan bedryfsinkomste een is. Die daling op ’n kwartaalgrondslag van dié subindeks in die derde kwartaal dui volgens Stroebel daarop dat landbou-ondernemings kontantvloeiprobleme ondervind en nie soseer finansiële probleme nie. Wanneer die produksiekoste styg en produkpryse dit nie ook doen nie, ervaar boere en landbou-ondernemings ’n koste-knyptang.

Die gevolg is dat boere minder geld maak. Dít plaas ’n demper op hul belegging in gevorderde tegnologie en ander metodes wat hul doeltreffendheid sal verhoog.

“Die gevolg van die kontantvloei-situasie kan wees dat besteding, werkskepping en skuldboeke met ’n arendsoog dopgehou en bestuur sal word,” sê Stroebel.

“Kortom: Dit is nou meer as voorheen belangrik dat die koste om sake te doen en produksiekoste so laag as moontlik gehou word.”

Terselfdertyd plaas die voortdurende verswakking in die ruilwaarde van die euro druk op Suid-Afrika se uitvoer-ondernemings, veral na die Europese Unie. Stroebel meen langtermyn-optrede is nodig om die uitvoerbedryf te stimuleer.

Article source: www.sake24.com

Copyright © 2018 by Agricultural Business Chamber