05.09.2010

Cosatu het radikale ekonomieplan

Cosatu wil ingrypende veranderings in die Suid-Afrikaanse ekonomie sien.

Dít blyk uit ’n nuwe voorstel­beleidsdokument wat die vakverbond binnekort wil bekend maak.

In dié dokument vra Cosatu onder meer om die volgende:

- ’n Superbelasting vir ryk individue. Dié belasting moet gehef word op die 10% van die werkmag wat die meeste geld verdien. Dis nog nie duidelik hoe dié 10% geïdentifiseer gaan word nie en hoe dit toegepas gaan word nie.

Cosatu wil ingrypende veranderings in die Suid-Afrikaanse ekonomie sien.

Dít blyk uit ’n nuwe voorstel­beleidsdokument wat die vakverbond binnekort wil bekend maak.

In dié dokument vra Cosatu onder meer om die volgende:

- ’n Superbelasting vir ryk individue. Dié belasting moet gehef word op die 10% van die werkmag wat die meeste geld verdien. Dis nog nie duidelik hoe dié 10% geïdentifiseer gaan word nie en hoe dit toegepas gaan word nie.

Die regulering van landbougrond. Cosatu soek ’n nuwe reguleringsliggaam wat die pryse en uitvoer van kos en landbougewasse reguleer.

- Buitelandse instellings mag nie meer as 51% van groot Suid-Afrikaanse maatskappye besit nie.

- Altesame 75% van alle produkte wat groot- en kleinhandelaars verkoop, moet van Suid-Afrikaanse vervaardigers kom.

- Skrootmetaal mag nie meer uitgevoer word nie. Die regering moet aansporingmaatreëls vir die plaaslike herwinning van metale instel.

Dié voorstelle is vervat in ’n ­Cosatu-beleidsdokument van 134 bladsye, “A Growth Path Towards Full Employment”. Die dokument het aan Sake24 in Rapport uitgelek en sal volgens aanduidings op 14 September uitgereik word, ses dae voordat die ANC se nasionale beleidskonferensie begin.

Mnr. Rudi Dicks, hoof van Cosatu se navorsingsvleuel, Naledi, het in reaksie op die voorgestelde superbelasting vir rykes gesê syfers van Statistieke Suid-Afrika wys dat die inkomste van die onderste 10% van werkers R4 214 per jaar beloop. In dieselfde tydperk verdien die boonste 10% R405 645.

Die R400 000-kerf is bykans wat adjunkdirekteure in die staatsdiens verdien.

Die dokument lui ook dat direkteure van die voorste 20 maatskappye elkeen sowat R6,6 miljoen per jaar verdien – 194 keer meer as wat ’n gemiddelde werker ontvang.

Die beleidsvoorstel oor die beperking van buitelandse aandeelhouding tot 51%, is ook daarop gemik om werkers meer insae in groot maatskappye te gee.

“Groot Suid-Afrikaanse maatskappye het op ’n onmenslike wyse ons eie mense uitgebuit en ons moet die deelname van werkers in dié maatskappye se besluitneming verhoog,” lui die dokument.

Me. Lindie Stroebel, ekonoom by die Landboubesigheidskamer, het in reaksie op die voorstel van ’n landboureguleerder gesê dit sal mededinging in die landboubedryf kelder.

“As die mark gereguleer word, sal daar nie meer mededinging tussen boere wees nie. Daar sal ook nie meer vir boere aanmoediging wees om in nuwe tegnologie te belê om aan verbruikers beter produkte te lewer nie.”

Sy het bygevoeg dat die beperking van die uitvoer van landbougewasse sal veroorsaak dat baie boere nie meer volhoubaar kan boer nie. “Ons voer onder meer druiwe, appels, pere en volstruisvleis uit en ’n beperking op dié produkte sal meebring dat boere miljarde rande se buitelandse verdienste sal verloor.”

Mnr. Mncane Mthunzi, hoof van die raad op verbruikersgoedere, ’n vereniging van kleinhandelaars, wou nie vandeesweek kommentaar lewer op die voorstel om groot- en kleinhandelaars meer op plaaslike produkte te laat fokus nie.

Mnr. S’dumo Dlamini, president van Cosatu, het gesê die beleidsvoorstelle sal deel uitmaak van huidige gesprekke met die ANC oor ekonomiese transformasie.

Sommige van dié voorstelle, soos die voorgestelde belasting op spekulatiewe finansiële transaksies, oorvleuel met voorstelle in die ANC se eie besprekingsdokument oor ekonomiese hervorming.

Mnr. Lumkile Mondi, ekonoom by die Nywerheidsontwikkelingskorporasie, bevraagteken Cosatu se motiewe.

“Suid-Afrika het nie ’n langtermyn- ekonomiese strategie nie. Wat sal die land wen deur dié beleidsvoorstelle?” vra hy.

Hy sê Cosatu, ’n vennoot van die ANC, moet eerder die regering druk om met ’n langtermyn- ekonomiese strategie vorendag te kom. Cosatu moet dan sy beleidsvoorstelle in oorleg met dié strategie formuleer.

Article source: www.sake24.com

Copyright © 2018 by Agricultural Business Chamber