16.07.2010

Kunsmisreus herstruktureer dalk

Sasol se kunsmisbedrywighede sal binne ’n jaar moet herstruktureer as die Mededingingstribunaal ’n skikkingsooreenkoms tussen die maatskappy en die Mededingingskommissie bekragtig.

Volgens die ooreenkoms sal Sasol ontslae moet raak van sy aanlegte in Bellville, Durban, Kimberley, Potchefstroom en Endicott waar kunsmis gemeng word. Die aanleg op Secunda sal behou word.

Sasol se verkoopsmodel sal verander en hy sal nie meer verkoopsagente gebruik nie. Die maatskappy mag voorts slegs die mark bedien wat binne ’n radius van 100 km van Secunda, Sasolburg en Sasol Nitro se drie depots geleë is.

Die maatskappy mag ook nie onderskeid tref tussen verskillende ammonium-nitraatprodukte nie – buiten as dit op kommersiële grondslag gedoen word. Die maatskappy mag ook net ammoniak invoer vir plaaslike gebruik. Hy mag ook nie meer ammoniak namens klante invoer nie.

Die kommissie dring daarop aan dat die ammoniak-afdeling voorts as ’n afsonderlike sake-eenheid – losstaande van Sasol Nitro – bedryf moet word.
Dr. John Purchase, uitvoerende hoof van die Landboubesigheidskamer, sê die ooreenkoms sal ’n wesenlike invloed op die kunsmismark hê. “Daar is reeds ’n dinamiese proses in die kunsmismark aan die ontvou en nuwe belanghebbendes tree reeds toe.”
Dit is moeilik om te sê hoe kunsmispryse beïnvloed sal word, maar Purchase meen dit sal voordeel vir boere en landbou-ondernemings inhou.
“As geleenthede reg gehanteer word, kan dit lei tot beter plaaslike mededinging, laer pryse en uiteindelik beter internasionale mededingendheid.”
Dit is egter alles onderhewig aan die tribunaal se besluit.
Die kommissie ondersoek Sasol sedert die vroeë 2000’s weens samespanning en oorheersing in die mark. Die maatskappy is vroeër met R250 miljoen vir samespanning beboet.
Regstellende stappe is nog nie deur die kommissie in ’n skikkingsooreenkoms voorgestel nie en dus sal dit geskiedkundig wees as die ooreenkoms goedgekeur word.
Mnr. Marius Brand, uitvoerende hoof van Sasol Nitro, sê sowat 140 poste word deur die verandering geraak. “Ons wil hê die veranderinge moet personeel so min as moont­lik beïnvloed en ons sal kyk hoe die personeel op ander maniere ingespan kan word.”
Brand sê die veranderinge kan nuwe belanghebbendes na die mark lok. “Dit behoort mededinging aan te moedig en nuwe verspreidingsgeleenthede te ontsluit soos hierdie sektor herontwerp word.”

Copyright © 2018 by Agricultural Business Chamber