11.06.2010

Landbou skud vere reg vir sportskouspel

Eet dit, drink dit, dra dit – Suid-Afrikaanse boere produseer dit. Dié boodskap wil die landbousektor oor die volgende paar weke aan die duisende sokkerbesoekers oordra.

Dit is nie net Bafana Bafana wat gereed is vir die wêreld se grootste sportskouspel wat vandeesweek begin nie. In landbougeledere is die vere ook reggeskud om duisende buitelandse besoekers aan Suid-Afrikaanse produkte bekend te stel.

Mnr. Johannes Möller, voorsitter van Agri SA, sê vanjaar se Wêreldbeker-sokker­toernooi is ’n goue geleentheid vir boere in Suid-Afrika om die goeie kos wat hulle produseer, aan die wêreld ten toon te stel. Hy en mnr. Simon Streicher, uit­voerende hoof van die SA Varkvleis­produsente-or­ga­ni­sa­sie (Sav­po), sê in ’n gesamentlike verklaring dit is ook ’n geleentheid om besoekers bloot te stel aan die land se skoonheid en die vriendelikheid van sy mense.

“Agri SA en Savpo ondersteun Bafana Bafana en wens hulle sterkte toe vir die reeks. Dit is die kommersiële boere in Suid-Afrika wat die energie aan die sokkerspan voorsien met die beste voedsel ter wêreld,” het hulle gesê.
Volgens Streicher is die Suid-Afrikaanse varkvleisbedryf een van die land se verborge juwele en die produsente van varkvleis vergelyk goed met die beste ter wêreld.
In nog ’n boodskap het die Land­boubesigheidskamer (LBK) namens die land se landbou-ondernemings deelnemende spanne en hul ondersteuners in die land welkom geheet. “Ons wyn, vleis, groente, vrugte en ander produkte is alles van wêreldgehalte en besoekers kan dit teen billike pryse geniet. Ons hoop hulle probeer ook ons mieliepap,” het dr. John Purchase, uitvoerende direkteur gesê. “Alle landbou-ondernemings staan bankvas agter die Suid-Afrikaanse span.”
Hoewel die wynbedryf nie ’n dramatiese toename in verbruik verwag nie, gaan alles moontlik gedoen word om Suid-Afrikaanse wyn aan buitelanders bekend te stel.

Copyright © 2018 by Agricultural Business Chamber