07.06.2010

Nie te laat vir 'grond-Kodesa'

Dis nog nie te laat vir Suid-Afrikaners om as gelykes in ‘n “grond-Kodesa” oor landbougrond te onderhandel nie, het prof. Willie Breytenbach, emeritus-professor in Politieke Wetenskap aan die Universiteit Stellenbosch, onlangs by die Landboubesigheidskamer (LBK) se kongres op Somerset-Wes gesê.

Breytenbach het na die Groenskrif oor grondhervorming en landelike ontwikkeling, wat eersdaags beskikbaar behoort te wees, verwys as ‘n “moeiliker dokument om op te stel as wat enigeen hom kan voorstel”, en afgevaardigdes aangeraai om tussen die lyne te lees aangesien dit ‘n “hulpkreet” sal wees. Die fynskrif gaan sê: “kom ons praat”. Die landbou moet dié geleenthede opneem en praat, het hy gesê

Dis nog nie te laat vir Suid-Afrikaners om as gelykes in ‘n “grond-Kodesa” oor landbougrond te onderhandel nie, het prof. Willie Breytenbach, emeritus-professor in Politieke Wetenskap aan die Universiteit Stellenbosch, onlangs by die Landboubesigheidskamer (LBK) se kongres op Somerset-Wes gesê.

Breytenbach het na die Groenskrif oor grondhervorming en landelike ontwikkeling, wat eersdaags beskikbaar behoort te wees, verwys as ‘n “moeiliker dokument om op te stel as wat enigeen hom kan voorstel”, en afgevaardigdes aangeraai om tussen die lyne te lees aangesien dit ‘n “hulpkreet” sal wees. Die fynskrif gaan sê: “kom ons praat”. Die landbou moet dié geleenthede opneem en praat, het hy gesê.

Grondberaad gehou
Volgens hom het Suid-Afrika nie soos Namibië ná onafhanklikheid ‘n grondberaad gehou waar Afrika-politieke waardes, soos konsensus, gegeld het nie. “Ons het in 2005 ‘n grondberaad gehou, maar dit was eintlik ‘n interne ANC-konferensie. Alle ander mense het op die kant gestaan. Dis nog nie te laat vir ‘n grond-Kodesa nie.”

Breytenbach dink nie Suid-Afrika stuur af op ‘n Zimbabwe-situasie nie. As die ANC met Zanu-PF vergelyk word, is eersgenoemde se steun hoofsaaklik in stedelike gebiede teenoor dié van Zanu-PF wat hoofsaaklik landelik is. Hy reken dat daar in Suid-Afrika nie ‘n “grond-kaart” is om te speel nie. “Die meeste swart mense wil nie boer nie. En die wat wil boer - help hulle om tot die landbou toe te tree.”

‘n Verdere verskil tussen Suid-Afrika en Zimbabwe is dat Suid-Afrika, gebrekkig en problematies soos wat dit is, deur regstellende aksie en swart ekonomiese bemagtiging pogings aanwend om maatskaplike restitusie te bewerkstellig; iets wat heeltemal afwesig was in Zimbabwe.

Article source: www.landbou.com

Copyright © 2018 by Agricultural Business Chamber