03.08.2012

Laagste rentekoers in vier dekades

Of ’n boer nou ’n nuwe trekker begeer of van skuld ontslae wil raak - nóú is die tyd.

Dit volg ná me. Gill Marcus, president van die Reserwebank, aangekondig het dat die repokoers op 20 Julie met 50 basispunte tot 5% verlaag is.

Die prima-uitleenkoers is nou die laagste in bykans 40 jaar.

Me. Lindie Stroebel, hoofekonoom van die Landboubesigheidskamer (Agbiz), sê die doel van die verlaging is om die ekonomie in geheel ’n hupstoot te gee. “Dit behoort mense met skuld die geleentheid te bied om ’n bietjie asem te skep. Ander sal weer skuld maak, wat tot nuwe ekonomiese bedrywighede kan lei.”

Sy sê dié verlaging kan egter van korte duur wees omdat die opwaartse druk van stygende inflasie nie geïgnoreer kan word nie.
Mnr. Ernst Janovsky, hoof van Absa Agribesigheid, sê die verlaging sal waarskynlik tot ’n swakker wisselkoers lei wat die landbou in die geheel sal steun. “Die laer koers kan ook belegging aanhelp. Nóú is ’n goeie tyd vir kapitaalbelegging,” sê Janovsky. “Vir diegene wat nie in infrastruktuur wil belê nie, bied die laer koers ’n uitstekende geleentheid om skuld te delg.”
Stroebel sê die koste van finansiering bly egter hoog – ongeag die lae rentekoers.
Volgens haar is dit verblydend dat finansiers al hoe meer finansieringsaansoeke, veral vanuit die landbousakesektor, ontvang. “Dit kan daarop dui dat ondernemings ’n bietjie meer optimisties raak oor die markomgewing en dat hulle bereid is om geld te belê.”
Sy meen dat die laer rentekoers op lang termyn tot dié houding jeens belegging in die landbou bygedra het.

Copyright © 2018 by Agricultural Business Chamber