22.04.2013

Gehoor op konferensie - AgriSEB

‘groot produksiekoste staar die bees­vleis­be­dryf in die gesig. Die bedryf kan egter afvalprodukte, soos beesmis, gebruik om biogas mee op te wek as teenvoeter vir die stygende prys van elektrisiteit.’ – Mnr. Otto Ager, hoof- uitvoerende beampte van die onderneming Iskhus Power in Suid-Afrika, wat in doeltreffende energieverbruik spesialiseer.

‘Dit kan nog lank duur voordat Suid-Afrika weer by die internasionale diere­ge­sondheidsorganisasie (OIE) aansoek kan doen om sy status as vry van bek-en-klouseer te herwin.’ – Dr. Gavin Thompson, ’n veterinêre raadgewer.

‘Beeste se prestasie in ’n voerkraal verswak indien die eienaar nie die regte spoorelemente in sy kudde se rantsoen insluit nie, aangesien dit die beeste se weerstand teen siektes verminder en siektes en dikwels vrekte die gevolg daarvan is.’ – Dr. Connie Larson, voedingkundige by die maatskappy Zinpro Corp in Amerika.


‘Landboubesighede, insluitend banke, sal nou in werklikheid by hul klante, soos boere, moet aandring op telkaarte om hul status ten opsigte van swart bemagtiging in die landbou (AgriSEB) te bewys.’ – Dr. John Purchase, hoof- uitvoerende beampte van die landbousakekamer Agbiz.

Copyright © 2018 by Agricultural Business Chamber