20.06.2014

Landbou-ondernemings het goeie groeigeleenthede in die res van Afrika

Landbousake in Suid-Afrika vaar taamlik goed, maar met die strammer ekonomie kan nog konsolidasie verwag word.  John Purchase, uitvoerende hoof van die bedryfsliggaam Agbiz, sê hy verwag meer samesmeltings en oornames, ook met internasionale landbousake, soos gesien met Afgri, wat onlangs deur ’n Kanadees-Amerikaanse groep oorgeneem is.
Suid-Afrikaanse landbou-ondernemings het egter goeie groeigeleenthede in die res van Afrika. Baie internasionale maatskappye wat in Afrika wil sake doen, hou daarvan om met Suid-Afrikaanse maatskappye vennootskappe te sluit omdat hulle Afrika beter ken.  Purchase was vandeesweek by die Internasionale Voedsel- en Landboubesigheidsbestuursvereniging se jaarkongres ­(Ifama) in Kaapstad, waar sterk klem geplaas is op die vraag na beter vaardighede in die voedsel-waardeketting.  Lees meer

Copyright © 2018 by Agricultural Business Chamber