29.08.2014

Regering en boere begin vatplek kry

Wedersydse aanklank was een van die kenmerke op ’n geskiedkundige ontmoeting tussen die Regering en van die land se voorste kommersiële boere.

Die Regering en van die land se top-boere het op ‘n ontmoeting in Johannesburg uitgespel wat hulle van mekaar verwag. Die ANC het onder meer beloof om niemand se grond net te vat nie, maar wil hê boere moet met ’n werkbare plan vir grondhervorming vorendag kom. Die boere op hul beurt het hulle verbind tot hervorming en die ontwikkeling van nuwe boere, maar wil hê die Regering moet sy verwarrende beleidsvoorstelle laat vaar. Lees meer

Copyright © 2018 by Agricultural Business Chamber