15.09.2014

SA ly onder EU, Russe se sanksie-oorlog

Selfs Suid-Afrika spring nie die gevolge van Rusland se verbod op die invoer van voedsel van die Europese Unie (EU) en die VSA vry nie.  Die handelsafwykings wat die verbod veroorsaak, raak reeds voedselpryse wêreldwyd, sê dr. John Purchase en Tinashe Kapuya van die sakekamer Agbiz.

Suid-Afrika voer nou vars en verwerkte aartappels teen die helfte of selfs ’n derde van die prys van voor die verbod uit. Die prys van ’n 100 kg-sak aart­appels het van €25 tot onder €10 gedaal en daar is ’n skerp toename in aartappels op die plaaslike mark.  Daarby het die Suid-Afrikaanse hoenderbedryf skielik met groter invoermededinging te kampe (Google translate). Lees meer

Copyright © 2018 by Agricultural Business Chamber