28.02.2015

Grondhervorming: Senzeni Zokwana glo ‘nie genooi’

Senzeni Zokwana, landbouminister, het glo nie ’n uitnodiging na die imbizo oor grondhervorming Donderdag ontvang nie.  Belanghebbendes in die landbou was bitter teleurgesteld dat hy en Gugile Nkwinti, minister van landelike ontwikkeling en grondhervorming, nie daar was nie.

Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC, het toe verduidelik hulle moes op die nippertjie kanselleer.  Maar Nongoma Mtistshana, Zokwana se persoonlike assistent, het gesê sy kantoor het nooit ’n uitnodiging na die imbizo ontvang nie.  “Die minister moes die opening van ’n skool in die Oos-Kaap bywoon,” het Dennis Molaba, ­Zokwana se personeelhoof, gesê. “Maar ek sou ook geweet het as daar so ’n geleentheid in sy dagboek aangeteken was – en daar was niks.” Lees meer

Bron: www.netwerk24.co.za

Copyright © 2018 by Agricultural Business Chamber