23.05.2015

Grondplafonne in landbou - Partye kry 36 uur

Boere en die regering kan mekaar steeds nie vind oor die drastiese gewysigde grondplafonne nie.  Dié aangeleentheid en ander grondkwessies is op 'n dringende vergadering tussen Minister Gugile Nkwinti die grootste landbou-organisasies bespreek. 

Die vergadering in die St. George-hotel in Pretoria is bygwoon deur AgriSA, die African Farmers Association of South Africa (AFASA), Agbiz, en Wildbedryf Suid-Afrika.  Die Burger verneem hoewel die partye nie mekaar kon vind oor die grondplafonne nie, is daar wel vordering gemaak oor die 50/50-beginsel.

Die Burger