02.06.2015

Klimaat laat sakevertroue daal

Algemene landboutoestande en veral die klimaat is een van die redes vir die daling in agri-besighede se sakevertroue in dié sektor. Agri-besighede se sakevertroue was in die eerste kwartaal van vanjaar 12% laer as ʼn jaar gelede en 3% laer as in die vorige kwartaal.
- Landbouweekblad 

Volgens die landbousakekamer Agbiz se indeks van sakevertroue was die algemene landboutoestande en veral die klimaat die grootste drywer. Die indeks in hierdie kategorie was 56% laer as ʼn jaar gelede en 62% laer as in die vorige kwartaal.

Me. Lindie Stroebel, bestuurder van agribesigheidsinligting by Agbiz, sê ʼn verdere groot drywer in die val was die styging in die voorsiening vir swak skuld.
|
Die kwartaallikse styging is 33% en die jaar-op-jaar-styging 10%. “Dié styging weerspieël grootliks die laer produksie-uitset wat verwag word, veral in sekere gebiede wat deur droogte geraak word. “Dit verhoog die risikofaktor van die finansiering van landbou.”

Stroebel sê die laagste vlak van vertroue was in die derde kwartaal van 2009, weens die destydse internasionale finansiële krisis en die resessie. Lees meer

Copyright © 2018 by Agricultural Business Chamber