08.05.2015

Cele wil Xenofobie op plase keer

Om te verhoed dat xenofobiese geweld na die platteland uitbrei, hou die landbouministerie vergaderings in die landbou- en arbeidsektore.
- Landbouweekblad 

Genl. Bheki Cele (LINKS), Adjunkminister van Landbou, Bosbou en Visserye, wil hê dit moet uitloop op ’n beraad met ander staatsdepartemente en betrokkenes in die landbou om te praat oor arbeidskwessies, soos werksomstandighede en die indiensneming van buitelanders, en ander kwessies in die landbou.  Die eerste byeenkoms is op 22 April gehou ná ’n opdrag van pres. Jacob Zuma dat alle departemente moet optree teen xenofobiese aanvalle. Dit is onder meer bygewoon deur Agri SA, Afasa, die TLU SA, Nafu, Nerpo, Agbiz en die vakbond Bawusa.  Lees meer