10.04.2015

Eenmanboerdery se dae is getel

Verknogtheid daaraan om jou plaas se baas te wees, kan ’n boer se ondergang beteken, sê twee top-ekonome. Die toekoms van die landbou lê in deeglike sakebeginsels, korporatiewe eienaarskap, beheer oor die waardeketting en uitbreiding in nuwe gebiede en markte.
- Landbouweekblad

Mnr. Dawie Roodt, hoof-ekonoom van die Efficient-groep, het onlangs op ’n boeredag in Ermelo gesê die boerdery van die toekoms sal heel anders lyk: “Die eenmansake wat julle tans bedryf, is ’n uitgediende besigheidskonsep. “As jy in die toekoms ’n boer wil word, moet jy studeer en op ’n plaas gaan werk wat aan ’n groot maatskappy behoort. Dít is die landbou se toekoms.”

Hierdie stelling is heeltemal korrek, sê Lindie Stroebel, bestuurder van ekonomiese inligting by die landbou-sakekamer Agbiz: “Sentiment is die grootste struikelblok in die Suid-Afrikaanse landbou. Ons kan ons plaas koester vir ons kinders deur alleeneienaarskap, maar die ironie is dat as jy aanhou om só te dink, jy juis nie sal voortboer nie.”  Lees meer