21.10.2015

AGOA - Kommer ná SA nie spertyd haal

Groot kommer heers in Suid-Afrika oor die nuus Maandagaand uit die VSA dat Suid-Afrika ’n belangrike sper­datum misgeloop het wat kan beteken die VSA kan sy markte vir Suid-Afrikaanse vrugte, wyn, neute en plaaslik vervaardigde BMW’s sluit.
- Beeld koerant 

As die regering versuim het om ’n ooreenkoms met die VSA oor nuwe dieregesondheid- en voedselveiligheidsregulasies te sluit, plaas dit Suid-Afrika se voortgesette voordele onder Agoa onder aansienlike risiko, sê dr. John Purchase, uitvoerende hoof van die landbousakekamer Agbiz.
“Hierdie stap kan lei tot ’n verswarende bevinding wat lidmaatskap van Agoa en tariefvrye toegang vir sekere belangrike uitvoerprodukte in die gedrang bring.”  Lees meer

Copyright © 2018 by Agricultural Business Chamber