06.01.2016

Net oorlewing tel nou – kenners

Nou gaan dit net om oorlewing, het kenners gesê oor boere se voortslepende stryd teen die ongenaakbare droogte.  Enige boer se strategie moet nou wees om ten minste tot die begin van die volgende somer te oorleef, se dr. John Purchase, uitvoerende hoof van Agbiz.
- Netwerk24 

“Dit gaan oor oorlewing . . . om geldelik te kan oorleef, en hoe ek nou die aansienlike risiko’s bestuur wat daar is om te kan oorleef,” het Purchase gesê.  Hy, prof. Andries Jordaan, direkteur van die Universiteit van die Vrystaat se rampbestuur-opleidingsentrum vir Afrika, en Anton Botha, ’n saaiboer van Bultfontein wat in Graan SA se hoofbestuur dien, het by navraag raad aan boere verskaf.  “Indien jy nie kan plant nie, moenie plant nie. Indien jy nou plant, is daar ’n te hoë risiko betrokke,” het Purchase gesê.  Read more

Copyright © 2018 by Agricultural Business Chamber