25.01.2016

Sluit graanhandelaars toe, sê Ehrenreich

Graanhandelaars manipuleer die mielieprys en Cosatu vra ʼn dringende ondersoek daarna sodat die skuldiges toegesluit kan word omdat hulle SA se voedselsekerheid ondermyn.  Dis Tony Ehrenreich van Cosatu se siening van die duur mielieprys.
- Landbou.com 

Dr. John Purchase van Agbiz het vining gespring en Ehrenreich en Cosatu genooi om Agbiz te besoek. In Agbiz se weeklikse nuusbrief skryf Purchase dié uitnodiging is “sodat ons hulle kan inlig hoe die mieliemark werk en dat sy prysmeganisme deursigtig is en vraag en aanbod weerspieël. Hierdie markmeganisme is gebaseer op geweldige integriteit en is verantwoordelik vir die relatief hoë voedselsekuriteit wat Suid-Afrikaners geniet.”  Lees volledige artikel

Copyright © 2018 by Agricultural Business Chamber