05.04.2016

Landbou se sakevertroue bly swak

Die droogte en verswakkende plaaslike ekonomiese uitsigte knel steeds sakevertroue in die landbousektor.
- Landbouweekblad 

Die algemene vertrouensvlak in die vierde kwartaal van verlede jaar, soos gemeet deur die landbousakekamer Agbiz en die Nywerheidsontwikkelingskorporasie (NOK), was op feitlik dieselfde baie lae vlak as in die vorige kwartaal.

Dit was ook sowat 25% laer as ʼn jaar tevore. Dr. John Purchase, uitvoerende hoof van Agbiz, sê die hooffaktore wat vertroue afgedruk het, is die verslegtende ekonomiese vooruitsigte vir die ekonomie en die swak algemene landboutoestande weens die rampdroogtesituasie, wat op nasionale vlak sigbaar is. Lees meer

Copyright © 2018 by Agricultural Business Chamber