15.07.2016

Zim-verbod op invoer is ‘rooi vlag’

Zimbabwe se verbod op die invoer van sekere voedsel- en ander produkte uit SA is “ ʼn rooi vlag” vir kleinhandelaars en mense in die betrokke waardekettings. Landbouweekblad


Die Suid-Afrikaanse Regering wend pogings aan om ’n oplossing vir die handelsbeperkings te kry wat Zimbabwe ingestel het op sekere verwerkte kosprodukte en ander goedere.

Dr. Rob Davies, Minister van Handel en Nywerheid, voer samesprekings met die Zimbabwiese regering en ook via die strukture van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) om ’n geskikte oplossing te vind met die inagneming van die uitdagings wat Zimbabwe met sy nywerheidsontwikkeling en sy betalingsbalans ondervind.

Mnr. Wandile Sihlobo, hoof van ekonomiese en landbou-inligting by die landbousakekamer Agbiz, sê op die oomblik word onverwerkte produkte soos mielies steeds deur Zimbabwe ingevoer. Sowat 1 200 ton wit mielies en sowat 572 ton koring is hierdie week daarheen uitgevoer. Lees meer

Copyright © 2018 by Agricultural Business Chamber