23.02.2012

Sondetaks gaan hard slaan

Die styging in sogenaamde sondebelasting, veral die 10% styging op bier, kan die landboubedryf hard slaan, meen kenners.

Tydens Absa Agribesigheid se begrotingsbespreking het mnr. Ernst Janovsky, hoofbestuurder, opgemerk: “Van julle se antwoord is dat dit nie saak maak hoeveel dié belasting is nie, julle sal net minder vleis koop. Maar dit is ook sleg vir die landbou.”

Janovsky was een van die sprekers by die groep se jaarlikse begrotingsbespreking wat in Johannesburg aangebied is.

Meer taks op brandstof
Mnr.
Wessel Lemmer, senior ekonoom by Graan SA, sê dié belasting kan hopsboere hard slaan. “Dit gaan erg wees vir dié boere.” Hy is ook bekommerd oor die uiterking wat die verhoogde belasting op brandstof op graanboere gaan hê. “Dit gaan veral ‘n nadelige uitwerking uitwerking hê op koringboere wat hulle oeste nou ver gaan moet vervoer.” Janovsky sê die heffing gaan bykomende druk op dié bousektor plaas.

Intussen sê dr.
John Purchase, hoof-uitvoerende beampte van die Landboubesigheidskamer (LBK), hy wil die Minister van Finansies gelukwens vir dít wat hy met ‘n baie beperkte begroting reggekry het. “Hy het baie goed gedoen met die min beweeg ruimte wat hy gehad het.”

Verder sê Purchase dit is die meeste wat die landbou nóg tydens ‘n begrotingsrede genoem is. “Ek meen dit is oor die algemeen baie goed vir die sektor.” Hy gee toe dat dié verwysings baie op kleinboere en opkomende boere gefokus het, maar hy sê ‘n mens moet in ag neem dat die hooffokus van Gordhan se begroting ontwikkeling is.

Article source: www.landbou.com

Copyright © 2018 by Agricultural Business Chamber