14.10.2011

Katgevegte dalk oor GM-etikette

Dit lyk of talle katgevegte nog vorentoe kan uitbreek oor die vertolking van die bepalings rakende die etikettering van geneties gemodifiseerde (GM) produkte wat in die nuwe Wet op Verbruikersbeskerming vervat word.

Dié bepalings van die wet het begin vandeesmaand in werking getree.

Op die onlangse internasionale konferensie oor biotegnologie in die landbou wat in Sandton, Johannesburg, gehou is, het dr. John Purchase, uitvoerende direkteur van die Landboubesigheidskamer, gesê daar is groot meningsverskille oor biotegnologie, veral oor GM gewasse, tussen die landboubedryf en anti-GM-stemmingmakers – en selfs in regeringsgeledere. Wat en hoe geëtiketteer moet word, is vaag en onduidelik. Baie van die bepalings is ook nie prakties uitvoerbaar nie.

Daar is onduidelikheid rondom die definisies van “goedere” en “organisme”. Dit is ook onduidelik wat bedoel word met die “drempel van 5%” wat betref die inhoud van produkte. Nog onduideliker is as in die wet verwys word na “wetenskaplik onprakties” of “onuitvoerbaar” om vir GM organismes of GM bestanddele getoets te word.

Die landboubedryf is ook bekommerd oor wie vir die etikettering van die produkte sal moet opdok.
Purchase het gesê regulering gaan vorentoe al hoe ingewikkelder raak en dit lyk vir hom of hofuitsprake en die verbruikerstribunaal beginsels sal neerlê en presedente sal bepaal oor hoe dinge vorentoe gehanteer moet word.
Hy het gesê regulasies is noodsaaklik om die kommer by die publiek te hanteer, maar dit moet sinvolle regulasies wees wat op wetenskaplike feite gegrond is.
’n Bekommernis vir hom is die uitwerking van die “asinchrone goedkeuring” van GM gewasse in die wêreldhandel.
Hoewel sowat 30 kommersiële GM gewasse tans wêreldwyd verbou word, word voorspel dat dit teen 2015 meer as 120 kan wees. Dit kan groot ekonomiese en gesondheidsvoordele inhou, het hy gesê.
Oplossings is egter nodig om die regulatoriese stelsels te stroomlyn.
Op internasionale vlak sal stelsels in ooreenstemming met mekaar gebring moet word. Gemeenskaplike erkenning vir risikobestuur van nuwe GM gewasse is nodig en hy meen daar moet groter buigsaamheid by die toepassing van die Codex Alimentarius-riglyne wees.
Vir Purchase lê die toekoms van die landbou in die behoorlike ontwikkeling en bevordering van biotegnologiese eienskappe van landbouprodukte en die ontwikkeling van farmaseutiese produkte uit plante en diere.
Hy glo ook dat verbruikers minder skepties sal word sodra hulle self die voordele van biotegnologie kan beleef – veral produkte wat die mens se gesondheid bevorder, soos waar dit met voordelige voedingstowwe verryk word.

Copyright © 2018 by Agricultural Business Chamber