16.03.2011

Landbou se vertroue klim skerp

Kaapstad. - Verskeie positiewe faktore in die landboubedryf het daartoe gelei dat die Landboubesigheidskamer (LBK) se vertrouensindeks sy hoogste vlak in drie jaar bereik het.

Vir die eerste kwartaal van 2011 het die indeks op 62 te staan gekom. Dit is 13% hoër as die vlak in die laaste kwartaal van 2010 en 43% hoër as die vlak in die eerste kwartaal van 2010.

“Die positiewe vertrouensvlakke word grootliks veroorsaak deur die styging in kommoditeitspryse, verhoogde internasionale vraag, die herstel in die Suid-Afrikaanse ekonomie en verbeterde landbou-omstandighede,” sê me. Lindie Stroebel, ekonoom by die LBK.

Sy sê die regering se aanduiding dat daar as deel van die Nuwe Ekonomiese Groeiplan beter samewerking tussen die regering en die landbousektor bewerkstellig moet word, skep ook ’n positiewe sentiment in die landbousektor.

Daar is egter ook waarskuwingsligte wat flits weens onder meer die koste van kapitaal, gebrekkige infrastruktuur en dienslewering. Vloedskade en droogtes het ook ’n negatiewe rol gespeel.

Stroebel sê omset en netto bedryfsinkomste by landbou-ondernemings het op ’n jaargrondslag aansienlik gestyg.

Dit word toegeskryf aan aansienlike stygings in die pryse van landboukommoditeite en ander -produkte en goeie someroeste word ook verwag.

Sy sê die uitvoerders van landbouprodukte pas hulle aan by die uitwerking van die sterk rand en benut die sterker internasionale vraag na sommige produkte.

Hoewel die moontlikheid bestaan dat meer werkgeleenthede in die landbousakesektor geskep kan word, plaas die verwagting dat inkomste nie gaan styg nie ’n demper op die vooruitsigte vir werkskepping.

Article source: www.sake24.com

Copyright © 2018 by Agricultural Business Chamber