11.02.2011

Boere moet kophou en aanpas, sê kenner

Potchefstroom. – Boere sorg dat sowat 49 miljoen mense in Suid-Afrika daagliks kos op hul tafel het.

En die syfer groei daagliks.

Dr. John Purchase, uitvoerende hoof van die landboubesigheidskamer, het verlede week by die Potchefstroom Besigheidskool se Januarie-studieskool gepraat oor landboutendense en hoe Suid-Afrika meer tot die wêreldmark moet toetree.

Hy het gesê daar was in 1993 sowat 58 000 boere in die land.

Dit het afgeneem tot 39 983 in 2007.

“Boere wat in die bedryf wil bly, moet jaarliks hul omset met ten minste 1% verhoog om innoverend en doeltreffend te boer. Hulle moet meer mededingend wees en tot die uitvoermark toetree.’’
Suid-Afrika is 54ste uit 133 lande op die gebied van globale mededingendheid; 129ste uit 133 lande wat gesondheid en opvoeding betref; 97ste uit 133 lande wat arbeidsmark-doeltreffendheid betref, maar negende uit 133 lande sover dit finansiëlemark-ontwikkeling aangaan.
“Hier is baie uitdagings wat ’n rol speel in sukses. Misdaad, die grondhervormingsbeleid, arbeidsbeleid en die koste van elektrisiteit kelder die bedryf en ekonomie.’’
Die uitdaging vir die regering is om veilige, voedsame en bekostigbare kos vir almal in Suid-Afrika te voorsien.
“Voedselsekerheid, veral vir individuele huishoudings, is ’n uitdaging wat die regering moet oorkom. Dis egter ook belangrik om Afrika-ontwikkeling te stimuleer en agri-besigheid in Afrika in te vat.’’
Hy moedig boere aan om na geleenthede in Afrika te kyk.
Hy het ’n voorbeeld gebruik waar R4 miljard se tafeldruiwe Europa toe uitgevoer word – net sodat ’n ander Afrika-land dit weer uit Europa invoer.
“Dis onseker tye en as boere wil oorleef, moet hulle die mikro- en makro-omgewing verstaan en weet wat die geleenthede en risiko’s is.
“Boer en bedryf jou besigheid meer strategies, maar, belangrikste van alles, wees buigsaam en aanpasbaar. In die kosbedryf verander die omgewing gereeld en wees bewus hiervan. Pas aan en hou by by tendense.’’
Besoek www.agbiz.co.za vir meer inligting.

Copyright © 2018 by Agricultural Business Chamber