25.11.2010

Nee, Minister

Dewald van Rensburg,

’n Vloedgolf van negatiewe reaksie uit die sakewêreld, georganiseerde sakegemeenskap en sommige politieke kringe het gister die regering se langverwagte nuwe groeiplan begroet.

Die meeste skeptisisme was oor die werkskeppingsteikens van 5 miljoen werkgeleenthede teen 2020 wat mnr. Ebrahim Patel, minister van ekonomiese ontwikkeling, Dinsdag as deel van die plan aangekondig het. Dit word onder meer as onhaalbaar en ambisieus beskou en ten beste, as ’n uitdaging.

Die georganiseerde sakegemeenskap het ook by monde van verskeie sakeleiers laat blyk die tydperk vir die private sektor om kommentaar te lewer voordat meer besonderhede in die Februarie-begroting aangekondig word, is heeltemal te kort.

Die voorstel dat daar op “matige” loonverhogings ooreengekom moet word, is ook uit verskeie oorde afgeskiet. Dit is begroet met kommentaar soos onrealisties, onnosel of bloot betekenisloos.

Die groeiplan-raamwerk stel onder meer voor dat werkers wat tussen R3 000 en R20 000 per maand verdien voortaan net “matige reële verhogings” ontvang.

Dit moet bereik word deur ’n “maatskaplike verdrag” tussen vakbonde en werkgewers, stel die regering voor.

Dewald van Rensburg,

’n Vloedgolf van negatiewe reaksie uit die sakewêreld, georganiseerde sakegemeenskap en sommige politieke kringe het gister die regering se langverwagte nuwe groeiplan begroet.

Die meeste skeptisisme was oor die werkskeppingsteikens van 5 miljoen werkgeleenthede teen 2020 wat mnr. Ebrahim Patel, minister van ekonomiese ontwikkeling, Dinsdag as deel van die plan aangekondig het. Dit word onder meer as onhaalbaar en ambisieus beskou en ten beste, as ’n uitdaging.

Die georganiseerde sakegemeenskap het ook by monde van verskeie sakeleiers laat blyk die tydperk vir die private sektor om kommentaar te lewer voordat meer besonderhede in die Februarie-begroting aangekondig word, is heeltemal te kort.

Die voorstel dat daar op “matige” loonverhogings ooreengekom moet word, is ook uit verskeie oorde afgeskiet. Dit is begroet met kommentaar soos onrealisties, onnosel of bloot betekenisloos.

Die groeiplan-raamwerk stel onder meer voor dat werkers wat tussen R3 000 en R20 000 per maand verdien voortaan net “matige reële verhogings” ontvang.

Dit moet bereik word deur ’n “maatskaplike verdrag” tussen vakbonde en werkgewers, stel die regering voor.

Werkers wat meer as R20 000 per maand verdien, behoort geensins ’n reële verhoging (’n verhoging van meer as die inflasiekoers) te kry nie terwyl rykes wat meer as R550 000 per jaar verdien nie enige verhoging moet ontvang nie.
Die plan stippel nêrens uit wat met “matig” bedoel word nie, maar op die oog af word daar nie werklik ’n pleidooi om laer loonverhogings gelewer nie.
Dieselfde dokument wys uitdruklik daarop dat die inkomste van die helfte van Suid-Afrikaners met werk steeds onder die voorgestelde R3 000-drempel val, wat beteken dié werknemers kan op veel hoër verhogings aandring.
Net 10% van Suid-Afrikaners verdien meer as R16 000 per maand, sê mnr. Mike Schüssler, ekonoom van Economists.co.za.
Meer as driekwart van die werkmag kan dus steeds om reële verhogings vra. “As jy sê inflasie plus een persentasiepunt, dan kan dit dalk werk,” het hy aan ­Sake24 gesê.
Dit is volgens Schüssler ’n absurditeit om ’n plafon op entrepreneurs se verdienste te probeer plaas. Juis die teenoorgestelde word benodig, sê hy.
Vakbondlui het die voorstel om ander redes afgeskiet.
Mnr. Frans Baleni, hoofsekretaris van die National Union of Mineworkers (NUM), het gister gesê die “vloer” van R3 000 per maand wat volgens die groeiplan vir matigheid geteiken moet word, is te laag.
NUM-lede in die kontruksiebedryf verdien volgens hom in elk geval minder as R3 000 per maand. Die oorgrote meerderheid van NUM-lede sal net-net by die onderkant van die geteikende loonband ingesluit word, sê Baleni.
“Ondergrondse mynwerkers het eers vanjaar die R4 000-drempel oorgesteek.”
Mnr. Dirk Hermann, adjunk- uitvoerende hoof van Solidariteit, wat meestal beter geskoolde en besoldigde werkers verteenwoordig, het gister gesê die voorstel is “flou geformuleer”.
“Enige poging om loonverhogings te reguleer, sal presies die teenoorgestelde van die doelwit bereik.”
Die Suid-Afrikaanse Kamer van Koophandel en Nywerheid het ook gister gewaarsku teen perke op lone en salarisse omdat dit produktiwiteit en buitelandse belegging kan belemmer.
Sulke perke sal suiwer vrywillig moet wees, het mnr. Chose Choeu, president van die kamer, aan I-Net Bridge gesê.
Die beleidshoof van ’n groot ­Cosatu-geaffilieerde vakbond het gister gesê die voorstel druis lynreg in teen die vakverbond se opvatting van hoe die ekonomie gestimuleer behoort te word.
“Argumente vir loongematigheid gaan gepaard met die idee van streng fiskale beleid.
“Cosatu sê eerder verbruikersbesteding moet verhoog word deur hoër lone. Dit gaan nie net oor individue se gierigheid nie, maar eerder oor ’n stimulus vir die ekonomie,” het die beleidshoof gesê.
Die mynbedryf is meer positief. Mnr. Roger Baxter, ’n ekonoom van die Kamer van Mynwese, het aan miningmx.com gesê daar is heelwat weerklank tussen die ­nuwe groeiplan en ’n proses wat reeds deur Migdett, die taakspan wat na groei en ontwikkeling in die mynbedryf kyk, begin is om die volle potensiaal van die bedryf te ontsluit.
Net die mynbedryf kan 100 000 bykomende poste tot die ekonomie bydra as dit sake kan doen in ’n onbelemmerde omgewing.
­Probleme wat Migdett reeds ­geïdentifiseer het as struikelblokke, word weer in die nuwe ­groeiplan uitgelig: infrastruktuur-beperkinge, regulatoriese kwessies en vaardigheidstekorte, sê Baxter.
SAKKN
Die kamer meen dit sal moeilik wees om die teiken te haal van vyf miljoen nuwe werkgeleenthede. Die organisasie meen die sukses van die groeiplan sal grootliks berus op die inwerkingstellingsbeleid en aansporings om klein, middelslag- en groot ondernemings te laat gedy. Rompslomp moet ook uitgeskakel word. Verder moet daar by die mylpale en verbintenisse in die plan gehou word. Die SAKKN steun die fokus om meer ingenieurs en vaklui op te lei. Die organisasie berei nou kommentaar op die plan voor en ontwikkel ’n strategie oor die rol wat hy in die inwerkingstelling van die groeiplan kan speel.
Investec Die nuwe groeiplan se doelwitte vir die maatskaplike opheffing van die meeste Suid-Afrikaners is prysenswaardig en noodsaaklik, maar die beplande toepassing van die groeiplan sal in baie gevalle problematies en onaantreklik vir die private sektor wees, wat gaan veroorsaak dat werkskepping uiteindelik sal daal. Die belastingbasis sal ook in dié geval krimp en dus die regering se skuldlas verder vergroot. Die groeiplan se doelwitte kan meer doeltreffend bereik word deur verminderde staatsbeheer, minder regulatoriese rompslomp en laer koste van sake doen in Suid-Afrika. Laer korporatiewe belasting en ’n wesenlike daling in BTW sal ook help om Suid-Afrika van ’n verbruikers- na ’n produksie-ekonomie oor te skakel. Investment Solutions Die regering wil hê almal moet aan die partytjie deelneem, maar is ­terselfdertyd besig om die partytjie self te reël en self te beplan. Die groei van die ekonomie en welvaartskepping hang in ’n groot ­mate af van die private sektor en die verbetering van die prosesse om sake te bedryf. Maar terwyl die ­nuwe plan praat van minder regulering, sien ons in werklikheid daar gaan selfs meer regulasies in die toekoms opgedwing word aan die ­sakesektor wat dit selfs moeiliker gaan maak om handel te dryf. Die nuwe planne maak dit beslis nie makliker vir die sakesektor om in Suid-Afrika te werk nie. Vir die ­planne om te werk, moet die ­private sektor omhels word en ­ingesluit word by die proses. SAKP Die regering het uiteindelik erken daar is sistemiese probleme in die huidige groeiplan. Die SAKP is baie in sy skik met die algemene trant van die nuwe groeiplan, hoewel van die besonderhede nog deurgetrap moet word. Selfs in tydperke van hoë ekonomiese groei kon die ekonomie weens dié sistemiese probleme nie werk skep nie en die verskil tussen ryk en arm het nie kleiner geword nie. Die regering se nywerheidsbeleidsplan (Ipap) is een van die belangrikste pilare van die nuwe groeiplan. Tot nou toe het ons onderwys en opleiding verwaarloos en nie verstaan dat dit geïntegreer moet word om dié deel van die ekonomie wat waarde toevoeg, naamlik vervaardiging, aan die gang te kry nie. Ek dink dit was tot dusver omgekeerd. Die debat moet wees met dié sektore wat meer werk skep. Sanlam Die raamwerk vir ’n nuwe groeipad is ’n teleurstellende dokument. Dit weerspieël ’n duidelike ideologiese uitgangspunt in teenstelling met die aanspraak op pragmatisme. Dit is meer begaan oor die verdeling van welvaart as oor die skep daarvan. Dit aanvaar simplisties dat drastiese inmenging in die prysmeganisme die gewenste resultate sal lewer. Dit bevat teenstrydighede wat die indruk van ondeurdagtheid skep. Dit bepleit ’n maatskaplike kontrak, maar is voorskriftelik wat die inhoud daarvan betref. Dit klou vas aan idees wat reeds deur belangrike rolspelers afgewys is. Kortom, dit laat meer vrae as antwoorde. Landboubesigheidskamer Ek verwelkom die fokus op landbou en landbousake. Die werkskeppingsteikens vir die breër landbou­bedryf is duidelik ambisieus, maar as die regering en die kommersiële sektor konstruktief en saam hierdie uitdaging pak, kan die teikens ­behaal word. Derhalwe verwelkom die LBK die standpunt van die regering dat betekenisvolle samewerking met rolspelers sentraal tot die suksesvolle inwerkingstelling van sy groeistrategie staan. ’n Konsensusplan en die doeltreffende inwerkingstelling daarvan sal egter die ware toets wees. Daar is duidelik ook ­aspekte wat kommer wek en mededingendheid kan teëwerk met katastrofiese gevolge op lang termyn. Dit is egter ’n besprekingsdokument wat op die tafel geplaas word. AHI Die groeiplan is een van die omvattendste pogings om groei met werkskepping in Suid-Afrika te bewerkstellig. Die plan bekyk die werkskeppingsvermoë van die ekonomie en skroom nie om sekere heilige koeie soos swart ekonomiese bemagtiging uit te daag nie. Wat die makrobeleidskant betref, moet die owerheid versigtig wees om dogmaties oor monetêre beleid te dink. Die klem op koördinering van fiskale en monetêre beleid word verwelkom. Die strategie erken die belangrikheid van die skepping van die meeste van die nuwe werkgeleenthede in die private sektor. Die klem op opleiding van ingenieurs en vaklui word verwelkom, maar die doelwitte is buite die bereik van die huidige onderwysstelsel.