News archive

News archive - April-2014

Uitvoer na Afrika verdubbel

Suid-Afrika se landbou-uitvoer na Afrika-lande het oor vyf jaar verdubbel. Dié groei was vier keer meer as die groei in uitvoer na Europa, sê mnr. Tinashe Kapuya, hoof van internasionale handel en belegging by die landbousakekamer Agbiz.  “Suid-Afrika se landbou-uitvoer in die geheel het die laaste vyf jaar fenomenaal gegroei, deur in nominale waarde met 118,5% toe te neem.” Groei na Afrika het 36,2% hiertoe bygedra, sê Kapuya in ’n verslag gegrond op statistiek van die Internasionale Handelsentrum (ITC). 
- Landbouweekblad

14.08.2015 / Agbiz in the news

More

Agbiz Voorsitter ontvang oorkonde vir sy bydrae uit die sakebedryf

Vrystaat Landbou se kongres is op 5 en 6 Augustus in Bloemfontein aangebied.  Die tema was “Verbreek die grense van stilswye”. Verskeie eerbewyse is aan verdienstelike lede en landbouverenigings op die galadinee oorhandig.

14.08.2015 / Agbiz in the news

More

Landboumaatskappye - Standard Bank - Die boer se invloedsfeer

Ernstige probleme staar boere toenemend in die gesig en hulle loop boonop die risiko om kosbare hulpbronne en tyd te vermors op makro-ekonomiese en globale kwessies waaroor hulle min of geen beheer het nie.  Omdat die gemiddelde boer ’n prysnemer is, kan faktore waaroor hy nie beheer het nie maklik opstapel en ’n regstreekse invloed op sy werksaamhede hê. Eksterne faktore, soos die droogte en die land se hervormingslandskap, kan dié taak nog verder bemoeilik.
- Landbouweekblad 

08.08.2015 / Agbiz in the news

More

Suid-Afrika pluk nie vrugte van Rusland se sanksies teen die VSA en EU nie.

Suid-Afrika se uitvoer van landbouvoedselprodukte na Rusland het verlede jaar gedaal, ondanks die nuwe geleenthede wat Rusland se sankies teen Amerika en die Europese Unie (EU) geskep het. 
- Landbouweekblad 

31.07.2015 / Agbiz in the news

More

Copyright © 2017 by Agricultural Business Chamber