News archive

News archive - October-2012

Landbou verloor beleggings weens stakings

Pretoria. – Die gevaarligte begin flikker vir beleggings in die Suid-Afrikaanse landbousektor.

Dié waarskuwing is gerig in ’n paneelbespreking op die AMT Landbou-vooruitskouingskonferensie wat Maandag in Pretoria gehou is.

Groter onsekerheid oor arbeidsonrus en die uitkoms van grondhervorming begin sy tol eis en kan selfs teenproduktief vir die regering se groeidoelwitte wees, het kenners gewaarsku.

Kapitaalbeleggings in die landbou het sedert die 1980’s in reële terme afgeneem, sê dr. John Purchase, uitvoerende hoof van die landbousakekamer Agbiz.

30.09.2013 / Agbiz in the news

More

DPO Kongres: John Purchase - Verbruiker vra groter aandag

ghebbendes in die landbou moet die verwagte groei in dié sektor benut om veral in die verbruiker se toenemende verwagtings en behoeftes te voorsien, sê dr. John Purchase, uitvoerende direkteur van die landbousakekamer Agbiz.

Volgens Purchase moet die bedryf hom só inrig, veral gesien teen die agtergrond dat die vooruitsigte vir ekonomiese groei op internasionale en plaaslike vlak oor die volgende paar jaar nie besonder rooskleurig is nie.

Afrika sal na verwagting oor die volgende 90 jaar die hoogste bevolkingsaanwas toon met sy bevolking wat drievoudig tot 3,6 miljard in 2100 sal toeneem.

20.09.2013 / Agbiz in the news

More

21ste Agri Megaweek: Landbou vir werkskepping

“Landbou vir Werkskepping” is die tema van die 21ste Agri Megaweek wat vanaf 18 tot 21 September by die Megapark op Bredasdorp gehou word.

Die keuse vir hierdie tema is tersaaklik gesien in die lig van die Regering se Nasionale Ontwikkelingsplan wat die landbou sien as dié sektor vir werkskepping. “Met die huidige tempo van werkverliese is die tyd vir oplossings en samewerking vir volhoubare werkskepping in die landbou uiters belangrik,” sê mnr. Orton King, uitvoerende direkteur van die Agri Mega-groep.

13.09.2013 / Agbiz in the news

More

Reserwebank ingelig: Onsekerhede maak beleggers langtand

Die nasionale verkiesing volgende jaar en gepaardgaande politieke ontwikkelings veroorsaak onsekerhede en ontwrigtings wat beleggers huiwerig maak om in die landbou te belê.

Volgens me. Lindie Stroebel, bestuurder van ekonomiese inligting by die landbousakekamer Agbiz, skep verskeie beleidsontwikkelings ook verdere onsekerheid wat beleggers se geldelike aptyt demp en likiditeit beïnvloed.

Dit gebeur omdat aanbiedinge byvoorbeeld nie op plase gemaak kan word waarop daar grondeise is nie.

Agbiz was onlangs deel van ’n verteenwoordigende groep uit die georganiseerde landbou wat met me. Gill Marcus, president van die Reserwebank, vergader het oor faktore wat landboubeleggings in Suid-Afrika strem.

16.08.2013 / Agbiz in the news

More

Vakbondleiers praat dalk by AMT

Twee leiers van vakbonde wat aan die arbeidsonrus in die landbou deelgeneem het, is na die landbouvooruitskouingskonferensie op 30 September in Pretoria genooi.

Die paneelbespreking wat op vanjaar se AMT-konferensie beoog word, word beskryf as een van die hoogtepunte by die WNNR se internasionale konvensiesentrum.

Mnr. Tony Ehrenreich, sekretaris van Cosatu in die Wes-Kaap, en mnr. Katishi Masemola, sekretaris-generaal van die Food and Allied Workers Union, is genooi om aan die bespreking deel te neem. Die twee vakbonde en Ehrenreich is in verskeie mediaberigte oor die plaaswerkerstaking verlede jaar en begin vanjaar in die Wes-Kaap genoem.

02.08.2013 / Agbiz in the news

More

BRICS trade benefits unclear

SA's inclusion in Brics has pros and cons. while no trade concessions have been agreed upon, analysts say there is a fine line between protecting our industries and opening up for trade. To download this article, click here.

Rate reversal hits farmers’ move to mechanization

SOUTH African farmers who are looking to mechanise their operations are running into high capital costs, says Absa agribusiness head Ernst Janovsky.

Banks were lending to farmers at prime minus one or prime minus two a few months ago but that has now changed to at least prime plus one as international credit got tighter, Mr Janovsky said.

The announcement of a R105-per-day minimum wage for farm workers by Labour Minister Mildred Oliphant in February has prompted many farmers to move towards mechanisation as they attempt to contain labour costs.

Ms Oliphant’s announcement came in the wake of a strike by farm workers in the Western Cape.

12.07.2013 / Agbiz in the news

More

EU subsidy changes finalised

The animal rights group, People for the Ethical Treatment of Animals(PETA), in the United Kingdom has been banned from comparing the health effects of eating meat with smoking. To download this article, click here.

Copyright © 2017 by Agricultural Business Chamber