News archive

News archive - September-2012

Eerste vir Afrika: IFAMA hou 2014-forum in Suid-Afrika

Die jaarlikse wêreldforum van die internasionale vereniging vir voedsel- en landbousakebestuur (Ifama) word aanstaande jaar die eerste keer in Suid-Afrika aangebied.

Die aankondiging dat die forum vanaf 15 tot 19 Junie volgende jaar in Kaapstad gehou sal word – ’n eerste vir Afrika – is op die vereniging se 23ste forum in Junie in Atlanta, Amerika, bekend gemaak.

Die voorlopige tema vir aanstaande jaar se forum is Die pad na 2050: Globale aandrywers, Afrika-geleenthede – Die talentfaktor.

Die landbousakekamer Agbiz het die bod om die forum aan te bied saam met Suid-Afrikaanse vennote ingedien.

12.06.2013 / Agbiz in the news

More

Landboulone verlaag met 10%

Spanje | Landboulone verlaag met 10%

In teenstelling met Suid-Afrika, waar landboulone drasties verhoog is, het die Spaanse regering onlangs lone in die landbou met 10% verlaag. Mnr. Anton Kruger, hoof van die Varsprodukte-Uitvoerdersforum, sê saam met die verlaging is werkers in die bedryf se werksure verleng om die bedryf ’n hupstoot te gee. Werkloosheid in dié land staan tans op sowat 27,2%, aldus die nuusdiens Deutsche Welle. Kruger het Spanje besoek en ’n invoerder het hom en mnr. Justin Chadwick, uitvoerende hoof van die Sitruskwekersvereniging, oor die besparingsmaatreëls ingelig. Die werkers het glo in die algemeen die situasie aanvaar, met die vooruitsig dat hulle hul werk kan behou. Kruger was ’n spreker op ’n konferensie oor ’n strategie vir handelsontwikkeling wat deur die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye en Agbiz in Pretoria aangebied is. – landbou.com

07.06.2013 / Agbiz in the news

More

NAMPO maps the way forward

Increasing efficeincy and minimising costs were some of the topics discussed at this year's Nampo Harvest Day in Bothaville. To download this article, clck here.

Standepunt in berig is die van regering

Die aktuele nuusberig “Denkskuif in landbou nodig” (LBW, 17 Mei) het betrekking.

In een paragraaf word die indruk gewek dat ek aangedui het dat die “beginsel van ’n gewillige koper en ’n gewillige verkoper misluk het”.

Dit is ’n totale wanvoorstelling en ek het duidelik by die betrokke geleentheid aangedui dat dit die Regering se siening is, en so in die groenskrif oor grondhervorming opgeneem is.

Dit word duidelik in die Powerpoint-aanbieding ook so gestel en is beskikbaar vir verwysing.

24.05.2013 / Agbiz in the news

More

Lisensiering-wetsontwerp kry wind vanvoor

ie wetsontwerp op die lisensiëring van sake-ondernemings wat onlangs deur mnr. Rob Davies, Minister van Handel en Nywerheid, bekend gemaak is, kry sterk wind van voor. Dit word as ’n verleentheid vir die Regering bestempel.

Dr. John Purchase, uitvoerende direkteur van die landbousakekamer Agbiz, sê die wetsontwerp is misplaas. Agbiz is geheel en al daarteen gekant. “ Dit gaan net rompslomp bevorder en kleinondernemings, sowel as ondernemerskap, kortwiek. Dit sal boonop nie onwettige bedrywighede bekamp nie. Daarvoor is daar ander wette. Ek kan nie die logika daarvan verstaan nie.”

Hy sê dit gee die staat ’n groter houvas en beheer oor die ekonomie. Volgens hom is die wetsontwerp gegrond op ’n ondoeltreffende ideologie wat sleg is vir mededinging.

17.05.2013 / Agbiz in the news

More

Verkry gou sekerheid oor grond

Grondhervorming is noodsaaklik, ingewikkeld en emosioneel. Dit is egter ook die grootste enkele beperkende faktor wat beleggings in die landbou kortwiek. Daarom moet sekerheid oor beleid so gou moontlik verkry word, sê dr. John Purchase, uitvoerende direkteur van die landbousakekamer AgBiz.

Hy het op ’n jongboerkonferensie van Standard Bank in Johannesburg gesê grondhervorming was sover in die algemeen nie suksesvol nie, hoewel daar nou al projekte is wat as voorbeeld van sukses kan getuig. Sowat 7% van die kommersiële landbougrond in Suid-Afrika is al oorgedra deur staatsbetrokkenheid. Daar is ook aansienlike hoeveelhede grond wat op die ope mark oorgedra is, maar die omvang moet nog deur ’n oudit bepaal word.  

Hy sê die konsultasieproses oor die groenskrif is amper klaar, maar die onsekerhede sal waarskynlik nog voortduur. Die groenskrif verskil aansienlik van die voorstelle in die Nasionale Ontwikkelingsplan (NOP) wat deur die Regering as oorkoepelende plan aanvaar is. 

10.05.2013 / Agbiz in the news

More

Gehoor op konferensie - AgriSEB

‘groot produksiekoste staar die bees­vleis­be­dryf in die gesig. Die bedryf kan egter afvalprodukte, soos beesmis, gebruik om biogas mee op te wek as teenvoeter vir die stygende prys van elektrisiteit.’ – Mnr. Otto Ager, hoof- uitvoerende beampte van die onderneming Iskhus Power in Suid-Afrika, wat in doeltreffende energieverbruik spesialiseer.

‘Dit kan nog lank duur voordat Suid-Afrika weer by die internasionale diere­ge­sondheidsorganisasie (OIE) aansoek kan doen om sy status as vry van bek-en-klouseer te herwin.’ – Dr. Gavin Thompson, ’n veterinêre raadgewer.

22.04.2013 / Agbiz in the news

More

Copyright © 2017 by Agricultural Business Chamber