News archive

News archive - November-2011

Landbou het groot winspotensiaal

Die landbouwaardeketting, wat strek van die plaashek tot op die winkelrak, dra jaarliks tussen 7% en 8% van Suid-Afrika se bruto binnelandse produk (BPP) by.

Die landbousakesektor strek oor ’n wye spektrum, van die verskaffing van trekkers, brandstof, saad en kunsmis aan boere tot die aflewering van brood aan ’n plaaswinkel.

Die sektor wek die afgelope tyd belangstelling by groot beleggers wat die potensiaal van volhoubare wins opmerk. Dit sluit in Zeder, Agri-Vie, Ububele, HCI en die Nywerheidsontwikkelingskorporasie.

Tydens die onlangse kongres van AgBiz (Landboubesigheidskamer) het Schalk Pienaar, voorsitter, gesê konvensionele denke en sienings gaan irrelevant word en landbou-ondernemings sal moet transformeer.

Daar is ruimte vir spesialisasie sowel as diversifikasie, vir nuwe produkte en strategieë asook alternatiewe sakebenaderings en –modelle.

Die ou landbou-koöperasies, wat met lede gewerk het, het in die laaste dekade of wat omgeskakel in landbou-ondernemings met aandeelhouers en van hulle het op die JSE genoteer. Die ondernemings het gewoonlik hul eie bedieningsgebied gehad en onafhanklik van mekaar opgetree.

19.09.2012 / Agbiz in the news

More

Copyright © 2017 by Agricultural Business Chamber