News archive

News archive - September-2011

Sektor moet nou met een stem praat

Kaapstad. – ’n Enkele organisasie vir die landbousektor is nie nou op die radarskerm nie, maar landbou-organisasies besef dat hulle nader aan mekaar moet beweeg om uitdagings die hoof te kan bied.

Die stigting van ’n eenheids­forum vir die landbousektor op 16 November word in die vooruitsig gestel in plaas van ’n volle eenheidstruktuur.

Dit is die gevolgtrekking van paneellede in ’n debat oor landbou-eenheid op die jaarlikse Agri Mega Week in Bredasdorp.

Thoko Didiza, voormalige minister van landbou, sê daar moet ruimte gelaat word vir die agtergrond van verskillende groepe.

Cobus Dowry, voormalige Wes-Kaapse minister van landbou en tans voorsitter van die kleinboer-organisasie USAAA, sê die forum moenie tot georganiseerde landbou-organisasies beperk word nie, maar ook organisasies soos Shoprite se landbou-eenheid insluit wat ’n omset van R4 miljard per jaar het.

16.09.2012 / Agbiz in the news

More

IDC boosts rural employment

The Industrial Development Corporation(IDC) boosted the number of jobs to be created or sustained by IDC funded projects to 45 900, up from 39 400 in 2011, the state-funded corporation said in financial results for the year ending 31 March 2012. To download this article,click here.

Landbou is dié sektor vir belegging

Die landbou is deur Agri SA en die Landboubesigheidskamer (Agbiz) as een van die land se voorrangsektore vir belegging beskryf.

Dié twee georganiseerde landbou-organisasies het landbou-finansieringsaangeleenthede met die vier groot handelsbanke in die land bespreek. Die gesprek is deur Agri SA en die Landboubesigheidskamer (Agbiz) gereël.

“Huidige marktoestande skep vertroue vir belegging in die landbou. Finansiële instellings be­skou die landbou as een van hul voorrangsektore vir belegging,” lui ’n verklaring. Albei die organisasies dui aan dat hulle met dié standpunt saamstem.

Die makro-ekonomiese omstandighede waarbinne die bedryf funksioneer, is tydens die gesprek bespreek, asook die relatief gunstige produksie- en marktoestande waarbinne die landbou handel dryf.

Dié gunstige omstandighede het die bedryf se winsgewendheid en bategroei die afgelope vyf jaar ondersteun.

31.08.2012 / Agbiz in the news

More

Planne vir vraag-en-aanbodkomitee vorder

Die werkswyse van ’n komitee wat ’n maandelikse skatting van die vraag en aanbod van grane en oliesade sal publiseer, is amper gereed.

Na verwagting sal dié komitee tot groter prysstabiliteit en voedselsekerheid bydra, het dr. John Purchase, uitvoerende hoof van die Landboubesigheidskamer en raadslid van die Nasionale Landboubemarkingsraad (NLBR), op ’n vergadering in Pretoria aan belanghebbendes gesê.

31.08.2012 / Agbiz in the news

More

Battling those bad road blues

Poor maintenance of unpaved roads in the rural North West plays havoc with farmers and other road users. And the problem isn’t only confined to that province, writes Robyn Joubert.

The poor condition of the unpaved road network in North West has seen some farmers forced to grade the roads themselves simply to keep the lifeline to their businesses open. “In some areas, contractors and lorries aren’t prepared to travel on those roads. There are many examples of farmers maintaining their own roads purely because the department isn’t doing it,” said Agri North West CEO Boeta du Toit.

27.08.2012 / Agbiz in the news

More

Copyright © 2017 by Agricultural Business Chamber