News archive

News archive - September-2010

AgriSEB beweeg flink

Swart ekonomiese bemagtiging in die landbou (AgriSEB) beweeg nou flink vanaf “die voorneme om te verander” na “gereguleerde verandering” sê dr. John Purchase, hoofbestuurder van die Landboubesigheidskamer (LBK).’’

Purchase het op die SA Varkvleisprodusente-organisasie (Savpo) se simposium gesê die huidige sektorkode is so naby moontlik aan ’n generiese kode vir goeie praktyke omdat dit die speelveld gelyk maak, dit voorspelbaar is en die belofte van ’n gladde oorgang inhou.

Landbou-ondernemings (wat die handelsbanke insluit) sal hul klante (landbouprodusente) voortaan verplig om SEB-telkaarte te voorsien.

 

28.09.2012 / Agbiz in the news

More

Bamboo farmers need representation

SOUTH African bamboo farmers should establish a representative body to lobby government departments and to involve them in the development of a bamboo industry development plan, agricultural economics lecturer at the University of Stellenbosch, Dr Daan Louw said last week.

Most successful agricultural and agri-processing industries have organised themselves in organisations, such as Grain SA, Potatoes SA and the Agriculture Business Chamber, among others, to engage authorities about issues, such as policy, that affect their sectors.

27.09.2012 / Agbiz in the news

More

Landbou se inkomste verbeter

Die produksiewaarde van die akkerboubedrywe het skerp gestyg, maar die intensiewe vee- en tuinboubedrywe kou harde bene omdat produksiekoste vinniger as produkpryse styg.

Die netto inkomste van die landbousektor het in die 12 maande tot einde Junie aansienlik verbeter teenoor die vorige jaar, aldus die nasionale Departement van Landbou, Bosbou en Visserye. Luidens statistieke wat die departement uitgereik het, het die landbousektor se bruto inkomste gestyg tot R161 miljard met ’n sogenoemde netto inkomste van sowat R56,9 miljard.

Dit is die hoogste syfer nog, maar dit weerspieël eerder die skerp stygings in pryse teenoor 2010/’11 as wat dit stygings in produksie verteenwoordig. Juis daarom moet ’n mens die syfers versigtig interpreteer, want inflasiegroei is nie produksiegroei nie.

Die prysstygings van landbouprodukte sou natuurlik ook die landbou se geldelike posisie verbeter deurdat dit sogenoemde ou skuld meer diensbaar maak. Rentekoerse is op die laagste vlak in sowat 40 jaar, wat meebring dat die landbou se skulddelgingsvermoë relatief verbeter het.

21.09.2012 / Agbiz in the news

More

Landbou het groot winspotensiaal

Die landbouwaardeketting, wat strek van die plaashek tot op die winkelrak, dra jaarliks tussen 7% en 8% van Suid-Afrika se bruto binnelandse produk (BPP) by.

Die landbousakesektor strek oor ’n wye spektrum, van die verskaffing van trekkers, brandstof, saad en kunsmis aan boere tot die aflewering van brood aan ’n plaaswinkel.

Die sektor wek die afgelope tyd belangstelling by groot beleggers wat die potensiaal van volhoubare wins opmerk. Dit sluit in Zeder, Agri-Vie, Ububele, HCI en die Nywerheidsontwikkelingskorporasie.

Tydens die onlangse kongres van AgBiz (Landboubesigheidskamer) het Schalk Pienaar, voorsitter, gesê konvensionele denke en sienings gaan irrelevant word en landbou-ondernemings sal moet transformeer.

Daar is ruimte vir spesialisasie sowel as diversifikasie, vir nuwe produkte en strategieë asook alternatiewe sakebenaderings en –modelle.

Die ou landbou-koöperasies, wat met lede gewerk het, het in die laaste dekade of wat omgeskakel in landbou-ondernemings met aandeelhouers en van hulle het op die JSE genoteer. Die ondernemings het gewoonlik hul eie bedieningsgebied gehad en onafhanklik van mekaar opgetree.

19.09.2012 / Agbiz in the news

More

Food security 'at risk' from coal mining

THE Agricultural Business Chamber (Agbiz) yesterday expressed serious concerns over the "uncontrolled increase in open-cast mining of coal in Mpumalanga", calling on the government to investigate its risk to the country’s food security.

The chamber’s worries follow the release last week of the scathing report by University of Pretoria-based research organisation Bureau for Food and Agriculture Policy (BFAP). The report evaluated the effect of coal mining on agriculture in the Delmas, Ogies and Leandra districts, focusing on maize production.

17.09.2012 / Agbiz in the news

More

Sektor moet nou met een stem praat

Kaapstad. – ’n Enkele organisasie vir die landbousektor is nie nou op die radarskerm nie, maar landbou-organisasies besef dat hulle nader aan mekaar moet beweeg om uitdagings die hoof te kan bied.

Die stigting van ’n eenheids­forum vir die landbousektor op 16 November word in die vooruitsig gestel in plaas van ’n volle eenheidstruktuur.

Dit is die gevolgtrekking van paneellede in ’n debat oor landbou-eenheid op die jaarlikse Agri Mega Week in Bredasdorp.

Thoko Didiza, voormalige minister van landbou, sê daar moet ruimte gelaat word vir die agtergrond van verskillende groepe.

Cobus Dowry, voormalige Wes-Kaapse minister van landbou en tans voorsitter van die kleinboer-organisasie USAAA, sê die forum moenie tot georganiseerde landbou-organisasies beperk word nie, maar ook organisasies soos Shoprite se landbou-eenheid insluit wat ’n omset van R4 miljard per jaar het.

16.09.2012 / Agbiz in the news

More

IDC boosts rural employment

The Industrial Development Corporation(IDC) boosted the number of jobs to be created or sustained by IDC funded projects to 45 900, up from 39 400 in 2011, the state-funded corporation said in financial results for the year ending 31 March 2012. To download this article,click here.

Landbou is dié sektor vir belegging

Die landbou is deur Agri SA en die Landboubesigheidskamer (Agbiz) as een van die land se voorrangsektore vir belegging beskryf.

Dié twee georganiseerde landbou-organisasies het landbou-finansieringsaangeleenthede met die vier groot handelsbanke in die land bespreek. Die gesprek is deur Agri SA en die Landboubesigheidskamer (Agbiz) gereël.

“Huidige marktoestande skep vertroue vir belegging in die landbou. Finansiële instellings be­skou die landbou as een van hul voorrangsektore vir belegging,” lui ’n verklaring. Albei die organisasies dui aan dat hulle met dié standpunt saamstem.

Die makro-ekonomiese omstandighede waarbinne die bedryf funksioneer, is tydens die gesprek bespreek, asook die relatief gunstige produksie- en marktoestande waarbinne die landbou handel dryf.

Dié gunstige omstandighede het die bedryf se winsgewendheid en bategroei die afgelope vyf jaar ondersteun.

31.08.2012 / Agbiz in the news

More

Planne vir vraag-en-aanbodkomitee vorder

Die werkswyse van ’n komitee wat ’n maandelikse skatting van die vraag en aanbod van grane en oliesade sal publiseer, is amper gereed.

Na verwagting sal dié komitee tot groter prysstabiliteit en voedselsekerheid bydra, het dr. John Purchase, uitvoerende hoof van die Landboubesigheidskamer en raadslid van die Nasionale Landboubemarkingsraad (NLBR), op ’n vergadering in Pretoria aan belanghebbendes gesê.

31.08.2012 / Agbiz in the news

More

Copyright © 2017 by Agricultural Business Chamber