News archive

News archive - September-2011

Regulering vir GM ‘moet sinvol wees’

Om na die publiek se kommer oor genetiese modifikasie (GM) om

te sien, is dit noodsaaklik dat die bedryf gereguleer moet word.

Dit moet sinvol gedoen word en op wetenskaplike feite gegrond

word, sê dr. John Purchase, uitvoerende direkteur van die

Landboubesigheidskamer (LBK).

30.09.2011 / Agbiz in the news

More

Ondernemings ‘moet óók pa staan’

Ondernemings met ’n landboubelang moet ook pa staan vir

grondhervorming, meen mnr. Corwyn Botha, voormalige

voorsitter van die Landboubesigheidskamer (LBK).

Hy het op Landbouweekblad en AMT se vooruitskouingskonferensie

in Pretoria gesê dit is nie reg dat boere “die

sweepslae vir apartheid” namens almal in die land moet dra nie.

“Die Regering kry dit nie reg om hervorming af te handel nie en

dit het tyd geword dat landbou-ondernemings toetree. Raak

betrokke in die proses van rondhervorming en help om 20%

grond binne die gegewe tyd aan swart boere oor te dra en help

die boere dan ook om so vinnig moontlik suksesvol te raak.”

30.09.2011 / Agbiz in the news

More

Agricultural exporters fume at port tariff hikes

Alle in- en uitvoerders van landbouprodukte kan geraak word deur ’n tariefverhoging van 18,06% in verskepingskoste, aldus die Landboubesigheidskamer (LBK).

Derhalwe doen die kamer in ’n nuusbrief ’n beroep op sy lede om deel te neem aan die openbare verhore oor die tariewe wat volgende week sal plaasvind.

Volgens Besigheidseenheid van Suid-Afrika (Busa) is hierdie verhoging, wat tans drie keer hoër is as die land se inflasiekoers, vir die 2012/’13-boekjaar voorgestel.

23.09.2011 / Agbiz in the news

More

Klimaatmikpunte kan landbou knou

Suid-Afrika se mikpunte waartoe hy hom in 2009 by die Kopenhagen-klimaatsonderhandelings verbind het, was te hoog.

Dit kan die landbou se mededingendheid verder benadeel, sê dr. John Purchase, uitvoerende direkteur van die Landboubesigheidskamer.

Te ambisieus

Hy het op ’n nasionale konferensie oor klimaatsverandering in Pretoria gewaarsku dat die Regering se mikpunte te groot en te ambisieus is – veral in die afwesigheid van ’n internasionale ooreenkoms daaroor.

06.09.2011 / Agbiz in the news

More

Dr John Purchase, CEO of the ABC, honoured as Kovsie Alumnus of the Year

Dr John Purchase, Chief Executive of the Agricultural Chamber of Commerce, was honoured as Kovsie Alumnus of the Year by the University of the Free State (UFS) during the annual Kovsie Alumni Awards Dinner on 2 September 2011. Dr Purchase and four other former Kovsies were honoured for exceptional achievements and contributions made to the UFS at this glittering event.

02.09.2011 / Agbiz in the news

More

Copyright © 2018 by Agricultural Business Chamber