News archive

News archive - May-2012

NLBR gryp in met gewassesyfers

Belanghebbendes in die graan- en oliesaadbedryf sal teen volgende maand weet hoe die plaaslike vraag-en-aanbodsituasie vir dié bedrywe lyk.

’n Vraag-en-aanbodkomitee vir grane en oliesade is op 27 Julie in die lewe geroep. Die Nasionale Landboubemarkingsraad (NLBR) sal in beheer van dié komitee wees wat uit onafhanklike kundiges en amptenare van die Departement van Landbou, Bosbou en Vissery sal bestaan.

Dit is die eerste keer sedert die ontbinding van die landboubeheerrade dat die Regering en die private sektor op dié manier saamwerk om volledige inligting oor die vraag-en-aanbodvlak van grane en oliesade te bekom en vroegtydig aan belanghebbendes oor te dra.

10.08.2012 / Agbiz in the news

More

Copyright © 2018 by Agricultural Business Chamber