News archive

News archive - May-2012

Representatives of the commercial banks within the Agricultural Business Chamber (Agbiz) and Agri SA recently met to discuss matters of mutual interest pertaining to the financing of agriculture in South Africa

Huidige markomstandighede skep vertroue vir investering in die landbou en finansiële instellings beskou die landbou tans as een van hul voorkeursektore. Hierdie siening word gedeel deur Agri SA en Agbiz wat ‘n gesprek met verteenwoordigers van die vier groot handelsbanke se landbou-afdelings oor landbou-finansieringsaangeleenthede gefasiliteer het.

Tydens die gesprek is die makro-ekonomiese omstandighede waarbinne die landbou funksioneer in oënskou geneem asook die relatiewe gunstige produksie- en markomstandighede van die afgelope vyf jaar wat die landbou se winsgewendheid en bategroei gerugsteun het. Terwyl die oorhoofse finansiële posisie van die landbou gunstig is, is daar nogtans sekere bedryfsvertakkinge en streke wat onder druk verkeer. Dié organisasies en handelsbanke beskou dit egter as uitsonderings wat nie die algemene optimisme oor die bedryf se vooruitsigte demp nie.

 

21.08.2012 / Media Releases

More

Copyright © 2018 by Agricultural Business Chamber