News archive

News archive - March-2010

Konsessie vir spoorvervoer beoog

Transnet wil Suid-Afrika se spoorvervoerstelsel uitbrei deur middel van ‘n konsessiestelsel vir sylyne.

“Die sylyne van Suid-Afrika se spoornetwerk is ‘n onderbenutte deel van die land se vervoer-infrastruktuur en die hergebruik daarvan kan ekonomiese potensiaal ontsluit.”

Dit is een van die redes wat Transnet in ‘n onlangse advertensie weergee vir sy besluit om ‘n konsessieplan, om die land se spoorvervoerstelsel uit te brei, bekend te stel.

08.06.2010 / Agbiz in the news

More

Nie te laat vir 'grond-Kodesa'

Dis nog nie te laat vir Suid-Afrikaners om as gelykes in ‘n “grond-Kodesa” oor landbougrond te onderhandel nie, het prof. Willie Breytenbach, emeritus-professor in Politieke Wetenskap aan die Universiteit Stellenbosch, onlangs by die Landboubesigheidskamer (LBK) se kongres op Somerset-Wes gesê.

Breytenbach het na die Groenskrif oor grondhervorming en landelike ontwikkeling, wat eersdaags beskikbaar behoort te wees, verwys as ‘n “moeiliker dokument om op te stel as wat enigeen hom kan voorstel”, en afgevaardigdes aangeraai om tussen die lyne te lees aangesien dit ‘n “hulpkreet” sal wees. Die fynskrif gaan sê: “kom ons praat”. Die landbou moet dié geleenthede opneem en praat, het hy gesê

07.06.2010 / Agbiz in the news

More

Copyright © 2018 by Agricultural Business Chamber