SEB-Landboukode Inligtingsessie

Agbiz nooi lede en nie-lede uit na 'n halfdag inligtingsessie waar die nuwe SEB-landboukodes bespreek sal word. Twee sessies word aangebied: 

GAUTENGWES-KAAP
Datum: 21 Februarie 2018 Datum: 22 Februarie 2018
Tyd: 10:00-13:00  
(Registrasie begin om 09:30)
Tyd: 09:00-12:00  
(Registrasie begin om 08:30)
Plek: Leriba Lodge, Centurion, Pretoria (Aanwysings Plek: Rhebokskloof Wine Estate, Paarl (Aanwysings)
Registrasiefooi: R200 Agbiz lede | R300 Nie-lede  Registrasiefooi: R200 Agbiz lede | R300 Nie-lede

RSVP: As gevolg van 'n beperkte aantal sitplekke raai ons u aan om vroegtydig te bespreek. Hieronder is 'n registrasievorm.  Voltooi en stuur dit asb vir ons terug voor 10:00vm op 16 Februarie 2018.

AGTERGROND 
Die gewysigde SEB-landboukode was amptelik op 8 Desember 2017 in die Staatskoerant gepubliseer.

In 2013 is nuwe voorgestelde generiese SEB-kodes afgekondig (wat op 1 Mei 2015 in werking getree het), waarna sektore hul eie kodes daarby moes aanpas. Agbiz het 'n leidende rol gespeel in die bedinging van die SEB-landboukode.

Die nuwe SEB-landboukode verskil baie die vorige weergawe. Landbouprodusente en -ondernemings wat deur die SEB-landboukode geraak word, word sterk aanbeveel om een van Agbiz se inligtingsessies by te woon, ten einde inligting te bekom oor hoe om 'n SEB-strategie tot hul eie voordeel te ontwikkel en in werking te stel. Ondernemings met 'n omset van meer as R10,0 miljoen per jaar moet hierdie geleentheid nie misloop nie.

Dr John Purchase (Agbiz CEO) en Melcus Nel (Signa), albei spesialiste in die gebied van die SEB-Landboukode sal die program lei. Voldoende tyd sal toegelaat word vir vrae.

Luister hier na RSG Landbou se onderhoud met Dr John Purchase vir mer inligting #Agriorbit RSG Landbouradio

REGISTRASIE
Registrasie is noodsaaklik ten einde voorsiening vir die korrekte aantal gaste te maak.

Navrae oor registrasie kan gerig word aan Natalie van Harte
E-pos: natalie@agbiz.co.za
Landlyn: 012 807 6686

Copyright © 2017 by Agricultural Business Chamber