News archive

News archive - June-2013

Eerste vir Afrika: IFAMA hou 2014-forum in Suid-Afrika

Die jaarlikse wêreldforum van die internasionale vereniging vir voedsel- en landbousakebestuur (Ifama) word aanstaande jaar die eerste keer in Suid-Afrika aangebied.

Die aankondiging dat die forum vanaf 15 tot 19 Junie volgende jaar in Kaapstad gehou sal word – ’n eerste vir Afrika – is op die vereniging se 23ste forum in Junie in Atlanta, Amerika, bekend gemaak.

Die voorlopige tema vir aanstaande jaar se forum is Die pad na 2050: Globale aandrywers, Afrika-geleenthede – Die talentfaktor.

Die landbousakekamer Agbiz het die bod om die forum aan te bied saam met Suid-Afrikaanse vennote ingedien.

12.06.2013 / Agbiz in the news

More

Landboulone verlaag met 10%

Spanje | Landboulone verlaag met 10%

In teenstelling met Suid-Afrika, waar landboulone drasties verhoog is, het die Spaanse regering onlangs lone in die landbou met 10% verlaag. Mnr. Anton Kruger, hoof van die Varsprodukte-Uitvoerdersforum, sê saam met die verlaging is werkers in die bedryf se werksure verleng om die bedryf ’n hupstoot te gee. Werkloosheid in dié land staan tans op sowat 27,2%, aldus die nuusdiens Deutsche Welle. Kruger het Spanje besoek en ’n invoerder het hom en mnr. Justin Chadwick, uitvoerende hoof van die Sitruskwekersvereniging, oor die besparingsmaatreëls ingelig. Die werkers het glo in die algemeen die situasie aanvaar, met die vooruitsig dat hulle hul werk kan behou. Kruger was ’n spreker op ’n konferensie oor ’n strategie vir handelsontwikkeling wat deur die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye en Agbiz in Pretoria aangebied is. – landbou.com

07.06.2013 / Agbiz in the news

More

Copyright © 2018 by Agricultural Business Chamber