Francois Strydom van Senwes het na ses jaar as Voorsitter van Agbiz, die tuig neergelê en die leisels oorhandig aan Sean Welsh van KAL Groep. Francois Strydom gee sy terugvoer oor die Agbiz Kongres wat van 6 tot 7 Junie by Sun City plaasgevind het. Hierdie geleentheid is verseker ‘n hoogtepunt op die landboukalender. Die netwerkgeleenthede wat dit vir besighede in landbou bied, is van onskatbare waarde
Published: 31 July 2024